MY HERWINNINGSTOERUSTING WAT EK ALTYD SAAMRY

Indien jy beoog om met jou voertuig 4x4 roetes te ry of soos ons reise te onderneem oor afgeleë en rowwe terrein moet jy minstens die minimum herwinningstoerusting saam ry. Dit is baie selfsugtig om te verwag 'n ander motoris moet sy duur herwinningstoerusting gebruik om jou voertuig te herwin. 'n Goeie voorbeeld is dat 'n kinetiese strop of tou slegs een of twee keer agtereenvolgens gebruik kan word voordat die einde van sy elastiese eienskappe bereik is. Wanneer 'n kinetiese strop met 30 % verleng het is jy by daardie perk en neem dit 24uur vir die terugkeer van sy elastiese eienskappe en voordat jy dit weer suksesvol kan gebruik. Dit beteken as jou mede reisiger sy kinetiese tou gebruik het om jou te help, hy daarna homself nie sal kan help as hy net na jou in die moeilikheid beland nie.

Dit is baie belangrik dat jy die regte sterkte herwinningstoerusting vir jou motor moet aanskaf en gebruik. 'n Toyota, Isuzu, VW, Nissan of Ford 4x4 dubbelkajuit bakkie kan tussen 2400 en 2800kg ten volle gelaai weeg terwyl baie Land Cruisers of Nissan Patrols tot soveel as 4000kg kan weeg wanneer ten volle gelaai (of liefs oorlaai) is . Kyk dus goed voordat jy enige toerusting aanskaf na die maksimum veilige werk sterkte (in Engels, SWL of “Safe Working Load”) wat volgens wet duidelik op die toerusting aangebring moet wees deur die vervaardiger. Op kinetiese toue en sleeptoue is daar 'n plastiese etiket met hierdie inligting daarop aangebring. Indien dit nie sigbaar is nie MOET dit nie gebruik nie, die kanse vir 'n ongeluk is baie groot tydens die herwinning proses.

Die minimum toerusting wat jy dus behoort saam te ry is as volg (sien ook foto hier onder) :

**Items in blou gedruk word slegs benodig as jou voertuig 'n wenas het.

Hoe gebruik jy hierdie items :

  1. Eerstens onthou dat herwinnings van 'n voertuig 'n baie gevaarlike operasie is, en tweedens indien jy in beheer is van so 'n operasies, jy ook vir al die omstanders se lewens verantwoordelik is.
  2. Jy mag jy NOOIT die bal op 'n sleephaak agter aan 'n voertuig gebruik in 'n herwinnings operasie nie. Hierdie gietstuk is nie ontwerp om 'n skoklas te kan hanteer nie en breek gewoonlik af en kom dan soos 'n projektiel na die ander motor aangevlieg. Meer as een person is al dood tydens 'n herwinnings operasie as gevolg hiervan. Gaan soek maar op die internet, hier is drie sulke voorvalle:

    http://www.4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=92189
    http://www.4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=92290
    http://www.flickr.com/photos/hennie_rautenbach/sets/72157603233597274/

    Die enigste alternatief is 'n sleephaak met 'n pen. Die pen gedeelte en nie die bal gedeelte kan dan in 'n herwinnings operasie gebruik word.


  3. Ek beveel aan dat jy 'n gevorderde 4x4 opleidings kursus bywoon wat handel oor herwinnings tegnieke. Die beste leermeester is nie boeke of videos nie maar 'n praktiese hande vuil maak kursus in die veld, gelei deur 'n goed opgeleide instrukteur.
  4. Onthou as jy die pen van 'n boogskakel vasdraai moet jy hom weer met 'n halwe draai losdraai voor gebruik, want anders kan jy hom nie maklik weer losdraai aan die einde van 'n herwinnings operasie nie.
  5. Onthou dat indien jy 'n wenas gebruik tydens 'n herwinnings operasie dat die voertuig waarop die wenas gemonteer is enjin moet luier sodat die voertuig se alternator kan help om die voertuig se battery te laai en daar sodoende genoeg stroom is om die herwinnings operasie suksesvol te kan voltooi. Indien jy die enjin laat luier nie gaan jy die aansitter battery so pap trek dat hy nie weer sal wil laai nie. 'n Duur les wat ek in Tanzanië moes leer omdat ek in die opwinding van die oomblik net daarvan vergeet het. So kan 'n mens ook 'n belangrike veiligheidsmaatreël vergeet wat katastrofies kan wees. Neem dus jou tyd, wees deeglik en versigtig
  6. Hier onder is drie webtuistes waar jy ook goeie inligting kan verkry oor herwinnings tegnieke en toerusting:

    http://www.liftlash.co.za/recovery-guidelines#bridle
    http://www.liftlash.co.za/sites/default/files/recovery-guidelines-from-securetech.pdf
    http://www.nissan.co.za/en/web/nscuploader/Part%202.pdf


Kaokoland langs die Kunene rivier, April 2009. Beide voertuie het vas geval en ons moes eers my voertuig met behulp van sy wenas en 'n groterige boom herwin en daarna kon ons die tweede voertuig ook met die Hilux se wenas herwin. Die Hilux was weer eens op sy beurt aan 'n boom vas gemaak tydens die tweede herwinning. Die probleem hier was dat die grond stewig lyk , jou gewig dra en dan sommer onder jou wegbreek, kniediep. Ons sou dus nie die voertuig met 'n kinetiese strop of tou alleen kon herwin nie, hy sou net weer wegsak as hy uit gepluk was.

Lesotho, Januarie 2010, op die pad tussen Sani Pass en Makhotlong in die Kotisephola Pas.
Besig om voor te berei om 'n laaigraaf wat van die berg afgerol het weer op sy wiele te help. Die manne het reeds toe ons daar aankom twee dae gespook om met pale en botteldomkragte die laaigraaf weer op sy wiele te probeer kry. Dit het ons ongeveer 30 minute geneem om die laaigraaf weer op sy wiele te tel met die Hilux se wenas. Die grootste deel van die tyd was gespandeer om seker te maak dat alles is goed vas en die opstelling as sulks is veilig en daarna weer na die herwinnings operasie om weer die kabel op die wenas netjies op te wen en al die toebehore weer op hul plek te bêre.

Die laaigraaf weer op sy wiele.

Tanzanië, net buite die Katavi NP, September 2012 vind ons hierdie Land Cruiser Troopy wat op sy sy in 'n rivierbed beland het nadat sy band gebars het en die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.

Hier is ons besig om die Troopy te herwin. Ek het met my wenas die voertuig op sy wiele getrek en so gehou, terwyl die padskraper die voertuig uit die rivierbed gesleep het.

Die herwinnings operasie afgehandel en besig om die kabels te ontkoppel.

Wat ongelooflik was was die feit dat nie een van die vyf insittendes in die Troopy seer gekry het nie, dat slegs die voorruit gekraak was, die snorkel so kop afgebreek het en die voertuig weer na 'n kort rukkie se staan gevat het. Hul kon dus net die wiel wat gebars het en een wat tydens die ongeluk beskadig was, vervang en verder ry.

Laaste Bywerking: 2014/01/29

Flag Counter