BILHARZIA (Schistosomiasis)

WAT IS BILHARZIA?

Bilharzia is 'n infeksie wat veroorsaak word deur 'n platwurm. Twee soorte platwurms kom voor in Afrika suid van die Sahara, naamlik:

Hierdie parasiete teer op jou rooibloedliggaampies deur voedingstowwe soos suiker en aminosure te onttrek, wat weer op sy beurt kan lei tot bloedarmoede en'n verlaging van jou immunstelsel.

Die grootste gevaar kom nie van die parasiete as sulks nie maar van die infeksie en skade wat die eiers van hierdie parasiete in jou organe veral die lewer, niere, blaas, milt en ingewande doen.

Bilharzia kom veral in die meer tropiese en subtropiese dele van veral Afrika en Suid Amerika voor.




HOE DOEN JY BILHARZIA OP?

Slegs wanneer jy liggaamlik met besmette water in aanraking kom. Vars water soos riviere, damme, mere en vleilande word besmet wanneer iemand wat besmet is in of naby die water urineer of ontlas. Die platwurm eiers broei dan uit in die water en die larwes (miracidium) betrek dan 'n sekere tipe waterslak wat in hierdie tipe waters voorkom, waarna die larwes dan tot volwassenheid groei. Die slakke stel dan weer vryswemende larwes (cercariae) vry wat tot 48 uur in die water kan oorleef en wat as dit met menslike vel in aanraking kom binne sekondes van kontak die vel penetreer. Binne 'n paar weke ontwikkel die larwes in volwasse wurms waar dit in die bloedvate van die liggaam woon. Hul kom altyd in pare voor in die liggaam. Die vroulike wurm woon in 'n gleuf in die manlike wurm wat haar sodoende beskerm en terselfdertyd deurlopend bevrug. Die vroulike wurm stel dan daagliks honderde eiers in die draer se bloed vry. Baie van hierdie eiers beland dan in die blaas of dermkanaal vanwaar dit weer deur die uriene of stoelgang uitgeskei word.



Die probleem ontstaan wanneer die eiers wat deur die kleiner bloedvate na die lewer, niere, blaas, die ingewande en longe vervoer word, en dit daar infeksies of weefsel skade veroorsaak. Bilharzia is ook 'n groot oorsaak van lewer en blaas kanker.

Jy kan nie bilharzia by 'n draer aansteek nie, jy kan dit slegs deur liggaamlike kontak met besmette water opdoen.

Swem slegs in goed gechloreerde water (swembaddens) of in see water in gebiede waar bilharzia algemeen voorkom. Gewilde toerisme areas soos die Malawi meer, die Victoria meer en die wit Nyl is bekend daarvoor dat dit hoë vlakke van bilharzia het. Wees dus versigtig.


WAT IS DIE SIMPTOME VAN BILHARZIA ?

Binne dae nadat jy besmet is, ontwikkel jy 'n uitslag op die vel of 'n jeukende vel.’n Algemene moegheid, koors en kouekoors, hoes, spierpyne, maagpyn en diarrea begin ontwikkel binne 1-2 maande. Hierdie stadium wanneer die platwurms tot volwassenes ontwikkel staan ook bekend as Katayama koors.

Dit is belangrik om ook te weet dat baie mense geen simptome tydens die aanvang van die infeksie toon nie.

Later kan 'n persoon aan die einde van sy urineering een of twee druppels bloed in sy uriene waarneem of in sommige gevalle tydens sy stoelgang.

Wanneer die infeksie gevorderd raak kan die lewer en milt vergroot en die pasient se buik geswel voorkom.



HOE WORD BILHARZIA BEHANDEL?

Daar is ongelukkig geen voorkomende medikasie wat geneem kan word nie.

Jou geneesheer sal begin deur 'n bloedtoets te doen waarna hy 'n monster van jou uriene en stoelgang sal toets om vas te stel of jy wel Bilharzia het.

Teen-bilharzia medikasie soos praziquantel sal die platwurms in die liggaam suksesvol vernietig. Katayama koors wat een van die newe effekte van die siekte is kan met allergie onderdrukkende medikasie behandel word.

Mediese behandeling van bilharzia kan die pasient van die infeksie genees maar die skade aan liggaamsweefsel (organe) kan ongelukkig nie weer herstel word nie.



HOE KAN DIE OPDOEN VAN BILHARZIA VOORKOM WORD ?

Voorkom kontak met gekontamineerde water. Moet dus nie daarin swem , jou klere daarin was of selfs drink nie.

Gebruik slegs skoon gesteriliseerde drink water. Alhoewel jy nie bilharzia kan kry deur die drink van gekontamineerde water nie, kan die parasiete deur kontak met jou lippe en die binnekant van jou mond jou liggaam binnedring.

Kook dus alle drink water vir minstens 1 minuut nadat dit tot kookpunt gebring is. Deur water vir 1 minuut of meer te kook kan jy alle skadelike parasiete, bakterië en virusse dood maak.

Let asseblief daarop dat die behandeling van drink water met jodium alleen, glad nie waarborg dat die water veilig en vry van all parasiete is nie.

Water wat vir 3-4 dae in houers gehou was behoort veilig te wees vir was en bad aangesien die larwes slegs 48 uur buite die liggaam van die slak kan oorleef. Ek sou nog steeds voor gebruik die water vir eksta veiligheid kook.

Vermy ook alle vars blaar groentes wat langs die besmette mere gekweek word.


VERWYSINGS GEBRUIK EN VERDERE LEESSTOF

Besoek gerus die volgende webwerwe indien u meer oor hierdie siekte wil weet.

http://www.cdc.gov/parasites/schistosomiasis/

http://www.nhs.uk/conditions/schistosomiasis/Pages/Introduction.aspx

http://www.nhs.uk/Conditions/schistosomiasis/Pages/Symptoms.aspx

http://www.patient.co.uk/health/schistosomiasis-leaflet

http://www.fitfortravel.scot.nhs.uk/advice/disease-prevention-advice/schistosomiasis.aspx

http://www.ihatetaxis.com/medical/schistosomiasis

Laaste Bywerking: 2015/02/03

Flag Counter