SLANG BYT – Wat moet ek doen ?
'N BIETJIE INLIGTING VIR DIE WAT BELANGSTEL OF GEINTERESEERD IS
Vir die meeste mense is 'n slang vreesaanjaend en 'n toevallige ontmoeting in die veld, iets wat net in jou nagmerries mag voorkom. Die ironie van die saak is dat slange ook nie graag met mense wil kennis maak nie, hul is oor die algemeen sku diere, en sal eerder vinnig weg seil wanneer hul deur mense verras of gesteur word. Slange jaag of agtervolg dus ook nie mense nie. Die enigste uitsonderings op die vinnig weg seil reel is die adder familie, soos die pofadder en die Gaboen adder, wat stil sal bly lê met die hoop dat jy hom nie sal raak sien nie vanweë hul goeie kamoefleuring.
Van die 170 of so slangsoorte wat in Suider Afrika voorkom is die pik van slegs 15 potensieel noodlottig. Twee soorte, naamlik die Gaboen adder en die swart spoegkobra, baie kom selde hier voor en die risiko om deur een van hulle gepik te word is dus baie skraal. Dit laat ons met slegs 13 van die baie giftige slang soorte waarvoor ons versigtig moet wees hier in Suider Afrika. Die pik van die res van die slange kan ernstige pyn, swelling, klierpyn en hoofpyn tot gevolg hê maar jy behoort geen lang termyn newe effekte daarna oor te hou nie tensy nekrose of sekondere infeksie ingetree het .
Die lys van die 13 gevaarlikste slange in Suider Afrika is: die swart mamba, die groen mamba, die pofadder, die Mozambiekse spoegkobra, die Kaapse kobra of koperkapel, die boskobra, die wipneuskobras of bosveldkapel, die Anchieta kobra of Angolese kobra, die sebraslang, neuskobra, , die rinkhals, die boomslang en die voël of takslang.
Daar is 'n paar slange wat 'n baie slegte reputasies het omdat hul dood speel en dan, wanneer hul gepla word blitsvinnig pik. Die wenner van die Oscar is natuurlik die rinkhals wat sommer so dood daar lê, kop onderstebo en mond effens oop, tweede plek gaan natuurlik aan die pofadder wat net rustig bly lê en wag. Asof hy dood is, en glad nie haastig is om na veiligheid te seil as jy naby hom kom nie, om die waarheid te sê hy wag dat jy per ongeluk op hom trap. Die pofadder, alhoewel nie die giftigste slang in Afrika nie, is as gevolg hiervan ook verantwoordelik vir die meeste sterf gevalle in Afrika. Die Mozambiekse kobra kan ook soms dood speel.
![]() Foto deur: MrG (www.sareptiles.co.za) |
![]() Foto deur: Michael Morris www.trekkingtripod.com) |
Dit is ook belangrik om kennis te neem dat daar drie slangsoorte is wat in Suider Afrika voorkom wat nie net 'n giftige byt het nie maar ook dieselfde gif tot so ver as 3m kan spoeg. Hul mik gewoonlik vir die oë en is nogal baie akkuraat. Die gif verblind die aanvaller en gee die slang dan kans om te kan ontsnap. Net die rinkhals, Mozambiekse spoegkobra en die swart spoegkobra het hierdie vermoë.

Die slang met die grootste of mees gevreesde reputasie in Afrika is natuurlik die swart mamba. Deur die jare het baie stories en mites oor die swart mamba ontstaan wat hierdie reputasie baie aangehelp het. Hy is baie senuweeagtig en en kom aggresief voor wanneer hy bedreig of vasgekeer voel, een van die redes waarom baie dink hy is van geaardheid aggresief, maar sy eerste keuse is steeds om eerder na veiligheid te probeer wegseil as hy kan. 'n Swart mamba kan sy kop ongeveer 40% van sy totale lengte van die grond af optel hoofsaaklik as hy van die grond af weer gou in 'n boom wil kom. Daar is ook stories en selfs videos wat die rondte doen en beweer dat hul 6 meter en langer kan word, wat natuurlik ook nie waar is nie. Die gemiddelde lengte van 'n volwasse mamba is tussen 2.4 tot 3.5m. (Maksimum lengte 4.5m). Hy is wel die vinnigste slang en kan tot 16 km/u beweeg (seil) vir kort afstande, hoofsaaklik om te vlug. Indien 'n swart mamba ernstig bedreig word en vasgekeer voel kan hy sy prooi in 'n oogwink tot soveel as 12 keer pik. Hy is wel ook een van die wêreld se giftigste slange, sonder behandeling kan die dood in sommige gevalle binne 30 minute intree, maar normaalweg het jy 6-8 uur tyd. Onder die inheemse mense van Afrika staan sy byt bekend as die “soen van die dood” of “the kiss of death”. Die swart mamba se naam kom van die kleur aan die binnekant van sy mond wat ink swart is en nie van die kleur van sy vel nie, die kan wissel van grysgroen, grysbruin na liggrys.
![]() |
![]() |
DIE VERSKILLENDE TIPES SLANGGIF EN WAT DIT AAN DIE PASIENT DOEN
Daar is 4 tipes slang gif geidentifiseer. Elke tipe gif het 'n ander uitwerking op die liggaam van die mens.
- NEUROTOKSIESE gif (“Neurotoxic Venom”) – Die gif van mambas, kobras en die rinkhals val die sentrale senustelsel aan en begin om beweging aan te tas, asemhaling, sluk, spraak en visie.
- HEMOTOKSIESE gif (“Haematoxic Venom”) – Die gif van 'n boomslang affekteer die bloed van sy slagoffer, deur dat dit die stollings faktor in die bloed vernietig en veroorsaak dus dat die pasient se bloed nie meer kan stol nie, die gevolg is dat bloed in al die liggaam weefsel in beweeg wat ernsige bloedverlies tot gevolg het.
- SITOTOKSIES gif (“Cytotoxic Venom”) – Die gif van 'n pofadder val die liggaam selle of weefsel aan, hierdie byt is erg pynlik, met meegaande swelling en duidelike tekens van skok.
- MIOTOKSIESE gif (“Myotoxic Venom”) – Die gif van see slange val weer die spiere aan en sterftes kom voor weens nier en hart versaking.
Daar slange soos die Mosambiekse Spoegkobra wie se gif meer as een van bogenoemde tipes gif bevat, naamlik in hierdie geval sitotoksies sowel as neurotoksies, wat dus gedeeltelike blindheid so wel as vel en weefselverlies tot gevolg kan hê.
DIE GIFTIGSTE SLANGE VAN AFRIKA
1. SUIDER AFRIKA
1.1 SWARTMAMBA![]() |
Wetenskaplike naam: Dendroaspis polylepis
Kenmerke: Lengte 2.5m – 3.5m (4.5m maks.) Die grootste, langste en giftigste van die giftige slang soorte in Afrika. Aktief in die dag. Kleur – grysgroen, bruingroen of Liggrys. Binne kant van mond inkswart. Habitat: Kom voor in struike, bome of digte bos maar ook op die grond in oop kole voor. Gif: Baie sterk neurotoksies. Val die senustelsel aan. Veroorsaak duiseligheid, naarheid, ernstige asemhalings probleme, verlamming en 'n onreelmatige hartklop Noodlottig sonder enige mediese behandeling. Tyd tot beskikking 6-8 uur. In sommige gevalle slegs 30 minute. |
Verspreiding:![]() |
1.2 OOSTELIKE GROENMAMBA![]() |
Wetenskaplike naam: Dendroaspis angusticeps
Kenmerke: Lengte 1.8m – 2.5m (3m maks.) Kleur – smaraggroen, soms met geel kolle hier en daar. Liggroen pens. Word selde gesien, goed gekamoefleur en sku, beweeg vinnig weg as hy gesteur word. Aktief in die dag. Habitat: Kom voor in struike, bome en digte bosse maar selde op die grond. Gif: Sterk nerotoksies. Veroorsaak swelling van die bytplek, duisligheid, naarheid, ernstige asemhalings en sluk probleme, stuiptrekkings en 'n onreelmatige hartklop Noodlottig sonder enige mediese behandeling. |
Verspreiding:![]() |
1.3 BOOMSLANG![]() |
Wetenskaplike naam: Dispholidus typus
Kenmerke: Lengte 1.0m – 1.6m (2.0m maks.) Kort stomp kop baie groot oë. Blaas die nek en 'n groot deel van die lyf op as hy bedreig voel. Bedrywig in die dag. Kleur – Mannetjies heldergroen met swart bande oor rug en swart rande om skubbe. Wyfies dof olyfgroen of bruinerig met 'n vuil witpens Habitat: In bome en struike. Verkies oop bosveld en savanne. Afwesig in die droë weste. Gif: Sterk hemotoksies. Veroorsaak erge bloeding uit sluimvliese sowel as ernstige inwendige bloeding. Die gif werk stadig en kan soveel as 24-48 uur neem vir die ernstige simtome om te toon. Noodlottig sonder mediese behandeling. |
Verspreiding:![]() |
1.4 VOëLSLANG of TAKSLANG![]() |
Wetenskaplike naam: Thelotornis capensis
Kenmerke: Lengte 0.6m -1.2m (1.6m maks.) 'n Dun slang wat lyk soos 'n takkie. Kleur – Grys-vaalbruin met effens ligte en donker vlekke. Wanneer bedreig, blaas hul die keel op en vertoon groot swart vlekke op sykant van nek. Habitat: Bosagtige dele. Van kuswoude tot bosveld-savanne. Gif: Sterk hemotoksies. Veroorsaak inwendige bloeding. Die gif werk stadig en kan soveel as 24-48 uur neem vir die ernstige simptome om te toon. Geen teengif beskikbaar. Noodlottig sonder mediese bystand. |
Verspreiding:![]() |
1.5 POFADDER![]() |
Wetenskaplike naam: Bitis arietans
Kenmerke: Plat bree diamant vormige kop, res van lyf kort en geset. Stadig maar humeurig. Lengte 0.6m -1.0m (1.5m maks.) Kleur – skakerings van geel-bruin en bruin met donker bruin tot swart dwars chevron strepe. Habitat: 'n Grondbewoner wat voorkom in savanne, grasveld, semi-woestyn, ruigtes en fynbos. Dus enige omgewing waar hy homself goed kan kamoefleur en wag. Gif: Baie sterk sitotoksies. Veroorsaak swelling, erge pyn en ernstige nekrose. Kan ook noodlottig wees. Sterftes word veroorsaak deur orgaan versaking of gangrene. Stadig werkende gif. Sterftes kom selde voor binne 24 uur na byt. Mediese behandeling noodsaaklik. |
Verspreiding:![]() |
1.6 RINKHALS![]() |
Wetenskaplike naam: Hemachatus haemachatus
Kenmerke: Stewige slang. Maak sy kop bak wanneer hy bedreig voel. Spoeg gif na vyand se oë. . Lengte 1.0m - 1.2m (1.5m maks.) Kleur – Soms donker bruin, leiklip grys, of donker swart bo sowel as onder met twee of drie wit bande op die keel. Habitat: Hou van grasvelde en woon in knaagdier-gate en kom baie algemeen op klein-hoewes voor. Gif: Beide sitotoksies en neurotoksies. Veroorsaak pynlike swelsel van die ledemate en dikwels ernstige nekrose in en om die bytplek. Kan ook noodlottig wees. Mediese behandeling dus noodsaaklik. |
Verspreiding:![]() |
1.7 DIE KAAPSE KOBRA OF KOPERKAPEL ![]() |
Wetenskaplike naam: Naja nivea
Kenmerke: Senuweeagtig en aggresief. Staan gou bakkop orent as hy bedreig voel en beweeg dan nie maklik weg nie. . Lengte 1.0m - 1.5m (2.3m maks.) Kleur – Sandbruin tot donker bruin, liggeel tot goudgeel en kan soms gespikkel wees. Het altyd 'n blink skynsel. Jag bedags veral vroeg oggend. Habitat: Droë sanderige dele van Namibia en Botswana en die droër westelike dele van Suid afrika. Soms naby water (rivierlope) en woonplekke van mense Gif: Die mees giftigste neurotoksiese kobra in Afrika. Asemhalings probleme ontstaan, met noodlottige gevolge. Mediese behandeling binne 2-6 uur is noodsaaklik. |
Verspreiding:![]() |
1.8 DIE MOZAMBIEKSE SPOEGKOBRA![]() |
Wetenskaplike naam: Naja mossambica
Kenmerke: Kan gif spoeg van enige posisie, selfs sonder om sy kop te lig en bakkop te trek. Lengte 1.0m - 1.2m (1.6m maks.) Kleur – Olyfbruin met swart omlyning van skubbe en liggeel en swart bande op keel. Habitat: Bosveld, grasvelde (vogtige savanne). Bly in knaagdiergate, in klipskeure maar ook soms in boom of bosse. Gif: Sterk sitotoksies en neurotoksies. Kan gedeeltelike blindheid veroorsaak wanneer slang gif in oë kom wanneer hy jou spoeg. Velverlies kom voor waar gif op vel kom asook erge nekrose om bytplek. Byt baie pynlik en die wond en ledemaat swell op. Swart kolle of blasé naby bytplek ontstaan. Nekrose vind hier plaas. Mediese behandeling is dus noodsaaklik om nekrose te beperk. |
Verspreiding:![]() |
1.9 BOSKOBRA![]() |
Wetenskaplike naam: Naja melanoleuca
Kenmerke: Stewige slang. Sku en word selde gesien. Jag hoofsaaklik saans. Smal bakkop. Die grootste kobra in Afrika. Lengte 1.5m – 2.0m (2.7m maks.) Kleur – Geelbruin kop. Onderkant geel met swart spikkels. Die bokant van die lyf raak al donkerder na die stert toe wat swart is. Habitat: Gemaklik op die grond of in bome. Verkies gebiede met digte plantegroei, kuswoude en moerasse. Kan ook goed swem. Gif: Sterk neurotoksies maar vanweë sy sku geaardheid word mense baie selde gepik. Kan noodlottig wees en Mediese behandeling is dus wel noodsaaklik. |
Verspreiding:![]() |
1.10 WIPNEUSKOBRA of BOSVELDKAPEL![]() |
Wetenskaplike naam: Naja annulifera
Kenmerke: 'n Stewige gebou slang. Tweede grootste kobra in Suider Afrika. Vorm 'n indruk-wekkende bree bakkop as hy bedreig voel. Lengte 1.5m – 1.8m (2.5m maks.) Kleur – Bokant, geelbruin tot grysbruin, donker bruin of blouswart areas vorm op die rug wat die slang 'n gebande voorkoms gee. Die onderkant is geel met 'n donker bruin band om die keel. Habitat: Droë en ook vogtige savanne en die laeveld en bosveld gebiede. Gif: Neurotoksiese gif wat die asemhalingstelsel aanval en indien jy nie mediese hulp kry nie op 'n asemhalings masjien geplaas word nie) sterf die pasient van asemhalingsversaking. Bytplek – brandpyn, swelling en soms blase. |
Verspreiding:![]() |
1.11 ANCHIETA SE KOPRA of ANGOLESE KOBRA![]() |
Wetenskaplike naam: Naja anchietae
Kenmerke: 'n Stewige slang met 'n groot bakkop. Lê graag en bak in die son naby sy blyplek maar begin jag so teen sononder. Lengte 1.0m - 1.5m (2.3m maks.) Kleur – Of bruin, oranje bruin, persbruin byna swart met gespikkelde wit pens. Of geband met donker bruin en geel bande. Beide variante het 'n donker bruin band om keel. Habitat: Kom voor in die noorde van Namibia, Botswana en Angola. Hou graag by waterpanne of bebosde rivieroewers. Gif: Sterk neorotoksiese gif wat die asemhaling stelsel aanval en indien die pasient geen mediese behandeling ontvang nie, noodlottig kan wees omdat pasient ophou asemhaal. Dringende mediese hulp is dus nodig. Gelukkig pik hy nie maklik nie. |
Verspreiding:![]() |
1.12 SEBRASLANG![]() |
Wetenskaplike naam: Naja nigricollis nigricincta
Kenmerke: 'n Unieke swart en wit gebande slang. Jag saans. Sku en versigtig maar trek 'n klein bakkop wanneer vasgekeer en kan dan pik of spoeg. . Lengte 1.0m - 1.2m (1.5m maks.) Kleur – Ligte bruin of ligte vuil pink lyf met swart ringe. Ligte en donker ringe is ewe wyd vandaar die naam sebraslang. Donker bruin kop. Die nek het 'n bree swart band om. Habitat: Woestyn en half dorre gebiede. Gif: Sterk sitotoksies. Veroorsaak erge pyn, swelsel en nekrose. Polivalente teengif moet in ernstige gevalle gebruik word. Hospitalisasie en mediese behandeling is dus noodsaaklik. |
Verspreiding:![]() |
1.13 SWARTSPOEGKOBRA![]() |
Wetenskaplike naam: Naja nigricollis woodi
Kenmerke: Sku en sal vinnig vlug maar is senuweeagtig, trek gou bakkop en spoeg as hy vasgekeer word. Jag hoofsaaklik bedags. . Lengte 1.2m – 1.5m (1.8m maks.) Kleur – Die hele kop en lyf is blink swart. Habitat: Klipperige terrein in dorre gebiede. Kom dikwels voor in droë rivierbeddings. Gif: Sterk sitotoksies. Veroorsaak erge pyn, swelsel en nekrose. Polivalente teengif moet in ernstige gevalle gebruik word. Hospitalisasie en mediese behandeling is dus noodsaaklik. |
Verspreiding:![]() |
1.14 SWARTKEELSPOEGKOBRA![]() |
Wetenskaplike naam: Naja nigricollis nigricollis
Kenmerke: Kom grotendeels op die grond voor maar is ook tuis in bome. Jag snags maar soms ook bedags. Kan verder as 3m spoeg. Spoeg wanneer hy bakkop staan of soms selfs uit 'n stomp of klipskeur. . Lengte 1.0m - 1.5m (2.0m maks. Namibia) Kleur – Kop en lyf swart met 'n ligbruin tot pienk area net onder die swart nek. Habitat: Kom slegs in die noorde van Namibia voor en verder noord in die sentrale deel van Afrika. Hou van vogtige en droë savanne. Gif: Hoofsaaklik sitotoksies. Veroorsaak erge pyn, swelsel en nekrose. Ander simptome soos sweet, oormaat speeksel,hangooglede en swaar asemhaling kan ook voorkom. Spoeg in die oë kan tot brandende oë en tydelike blindheid lei. Mediese behandeling is noodsaaklik. |
Verspreiding:![]() |
1.15 GABONADDER![]() |
Wetenskaplike naam: Bitis gabonica
Kenmerke: Groot driehoekige plat kop. Twee klein horingtjies op die neus. Lyf kort en bonkig. 'n Pragtige gekamoflerings patron oor die hele lyf. Jag snags maar lê graag bedags en bak in die son. 'n Humerige slang. Lengte 0.9m – 1.2m (1.6m maks) Kleur – Kop lig sandkleur, maar die lyf is 'n josefskleed van skakerings van donker en ligbruin, dofgeel, pers en vuil pienk. Habitat: Kom baie selde in Suider Afrika voor. Kan in reënwoude en naby geleë dig bebosde dele gevind word. Is al in KwaZulu-Natal gevind. Gif: Sterk sitotoksies en ook hemotoksies. Groot hoeveelhede gif word toegedien met 'n byt wat erge pyn, swelling, blaasvorming en bloeding gepaard gaan. Sonder mediese hulp is sy byt noodlottig vanweë orgaan versaking. |
Verspreiding:![]() |
SIMPTOME AS GEVOLG VAN DIE PIK VAN 'N SLANG MET NEUROTOKSIESE GIF (Swart mamba, groen mamba, bosveldkobra, Kaapse kobra of koperkapel, Mosambiekse spoegkobra*, rinkhals )
Die volgende simptome ontwikkel na 'n slang byt:
- Lokale simptome
- Ligte tot middelmatige pyn by die bytplek.
- Sistemiese simptome
- Pasient ondervind 'n prikkelende sensasie in die hande en vingers of voete en tone
- Hangende ooglede.
- Sweet
- Oormaat speekselafskeiding
- Gebrek aan spierbeheer
- Naarheid
- Benoudheid
- Pasient raak deurmekaar
- Verlamming tree in
- Stuiptrekkings
- Faling van die asemhalig stelsel
- Verval in 'n koma waarna die dood intree. (6-8 uur na die byt)
SIMPTOME AS GEVOLG VAN DIE PIK VAN 'N SLANG MET HEMOTOKSIESE GIF (Boomslang, voël of takslang)
Die volgende simptome ontwikkel na 'n slang byt:
- Lokale simptome
- 'n Prik gevoel en ligte pyn by die bytplek.
- Sistemiese simptome
(Simptome mag eers na 6-7 uur na die slang byt begin manifesteer. Dit laat die gevoel by die pasient dat die byt nie ernstig was nie.)- Hoofpyn
- Naarheid
- 'n Gevoel van slaperigheid kan oor die pasient kom.
- Bloeding uit die slymvliese kom voor
- Ernstige inwendige bloeding
- Die slange se gif werk gelukkig stadig dit kan tot tussen 24 en 48 uur wees voordat laasgenoemde twee ernstige simptome na vore kom.
- Sterftes onder kinders het wel al binne 12 uur plaasgevind.
- Sterfte onder volwassenes kan enige iets van 1 tot 5 dae neem sonder mediese behandeling.
- Verlamming tree in
- Stuiptrekkings
- Faling van die asemhalig stelsel
- Verval in 'n koma waarna die dood intree. (6-8 uur na die byt)
SIMPTOME AS GEVOLG VAN DIE PIK VAN 'N SLANG MET SITOTOKSIES GIF (Pofadder, Mozambiekse spoegkobra)
Die volgende simptome ontwikkel na 'n slang byt:
- Lokale simptome
- Erge brandpyn by die bytplek .
- Erge kneusing by die wond.
- Pasient mag effens bloei uit wond wat later oorgaan in 'n waterige uitloopsel.
- Swelling van die area om die wond vind plaas.
- Nekrose van die vel kom voor (blaasvorming).
- Sistemiese simptome
- Skok tree in.
- Naarheid
- Vomering
- Uitermatige swelling van die gebyte ledemaat en selfs 'n deel van lyf (romp)
- Pynlike swelling van die limfkliere kom voor.
- Inwendige bloeding laat soms die ledemaat rooi vertoon.
- Ernstige nekrose kan voorkom sonder dringende mediese behandeling .
- Daar is ook die gevaar dat nekrose op ander dele van die ledemaat mag voorkom vanweë kompartimentsindroom, dit wil sê waar erge swelling bloedvloei na dele van die ledemaat verhinder.
- Hipertensie.
- 'n Gevoel van swakheid tree in.
- Duiseligheid kom voor.
- Pasient mag sy bewussyn verloor.
- Sonder mediese behandeling tree gangrene in.
- Die dood tree selde binne 24 uur in.
- Sterftes word veroorsaak deur komplikasies wat lei tot orgaanversaking.
BEHANDELING
Wat moet jy doen as jy gepik word ?
- Was onmiddelik die wond en area om die wond met water en seep skoon.
- Kalmeer die pasient (en ook die persone wat moet help), makliker gesê as gedaan! “Panic” dan as jy moet, maar kom bitter vinnig daaroor, kalmte en 'n oop kop is nou baie nodig. Pasiente wat paniekerig raak se hartklop verhoog wat dan tot gevolg het dat die gif vinniger deur die liggaam gepomp word en verder versprei. Kalmte is dus die wagwoord.
- Hou die pasient baie stil veral die ledemaat met die bytplek. Laat die pasient plat lê met die ledemaat wat gepik is effens hoër as die res van die liggaam.
- Stel die pasient gerus dat met die nodige mediese hulp hy of sy gou weer sal herstel.
- Probeer om vas te stel watter tipe slang was betrokke. Indien moontlik kry 'n kort beskrywing van die pasient of ooggetuies. Wees versigtig dat niemand verder gepik word in die proses om die slang te soek en te probeer uitken nie. Indien jy wel die slang vind neem 'n foto van hom, moet nie die slang probeer vang of dood maak nie. Een pasient is genoeg.
- Een van die eerste simptome is gewoonlik swelling dit is dus belangrik om so gou moontlik alle juwele, styfpassende klere en skoene los te maak of te verwyder.
- Indien jy binne een uur van 'n hospitaal met 'n waakeenheid is, stop alle noodbehandeling en vervoer die pasient onmiddelik na die naaste hospitaal vir die nodige mediese behandeling.
- Indien iemand die nommer van die hospitaal het vra hul om die hospitaal te skakel en te sê die passient reeds oppad is na die hospitaal en binne een uur daar behoort te wees.
- Indien die pasient tydens die rit sukkel om asem te haal, pas mond tot mond asemhaling toe.
- Indien jy tot so ver as 8 uur van die naaste hospitaal met 'n waakeenheid is, skakel die hospitaal en vra dat hulle 'n ambulans moet stuur om jou op pad te ontmoet. Verduidelik wat het gebeur en beskryf die slang so goed moontlik wat die pasient gepik het. Lig hul in oor watter roete die voertuig wat die pasient na die hospitaal gaan vervoer gaan volg, die fabrikaat,die kleur, die registrasie nommer en enige kenmerk van die voertuig soos 'n daktent of so iets wat sal help om die voertuig maklik uit te ken op 'n afstand.
- Indien jy nie seker is watter soort slang die pasient gebyt het nie, wend 'n drukverband om die lede maat wat gebyt is aan, sien meegaande Figuur. Moet asseblief nie 'n toerniket aanwend nie.
- Indien die pasient deur 'n adder of 'n spoegkobra gebyt is moet 'n
drukverband nie aangewend word nie.
AANWENDING VAN 'N DRUKVERBAND
- Laat die pasient plat lê in die voertuig met die ledemaat waarin hy gepik is effens gelig. Ry dan so spoedig moontlik maar veilig na die hospitaal op die roete soos aan die ambulans beskryf.
- Indien die pasient tydens die rit sukkel om asem te haal, pas mond tot mond asemhaling toe.
Wat moet jy NIE moet doen nie
- Moet asseblief nie die wond met 'n mes of enige ander skerp voorwerp sny om sodoende die gif uit te suig of so iets nie. Jy maak net seker dat enige gif wat nog op die vel mag voorkom , ook in die wond ingaan en help jy ook sekondere infeksie aan.
- Moet ook nie ys op die wond plaas vir die pyn of om te poog om die gif se verspreiding te vertraag nie.
- Baie belangrik moet ook glad nie 'n toerniket gebruik nie, tensy jy wil hê die pasient moet sy ledemaat verloor deur middel van amputasie. Die probleem is dat in die geval van sitotoksiese gif, konsentreer jy die gif in een area wat nekrose versnel en ernstige gevolge vir die pasient inhou.
- Moet ook nie vir die pasient alkohol gee om hom te kalmeer nie.
- Die gedagte dat elektroterapie of elektriese skokke by die bytplek die gif sal neutraliseer is 'n mitte, bly weg van hierdie praktyke.
- Moet asseblief nie slangteengif toedien as jy nie 'n mediese dokter is nie want die meeste mense het 'n ernstige teenreaksie of allergie vir slang teengif, anafilaktiese skok tree gewoonlik in en as jy nie dadelik die regte dosis adrenalien kan toedien nie gaan jy die pasient verloor. Die pasient sterf dus nie van die slang gif nie maar van die behandeling wat jy toegedien het.
Wat moet jy doen as jy gif in jou oë kry
- Was onmiddelik die persoon se gesig af om van die orige gif ontslae te raak en te keer dat dit nie ook in die oë beland nie.
- Spoel dan die pasient se oë uit vir 10-15 minute met skoon lopende water, melk, bier of selfs urine indien eersgenoemde nie beskikbaar is nie. (skoon water is die beste.)
- Die gebruik van antivenin as druppels in die oë het geen voordeel bo skoon lopende water nie.
- Indien bogenoemde behandeling vinnig toegepas kan word is die waarskynlikheid van permanente skade aan die oë gering.
- Neem die pasient na 'n hospitaal vir verdere behandeling indien nodig en om te bevestig dat alles onder beheer is.
Wat gebeur in die hospitaal
- Die eerste vraag sal wees of jy weet watter tipe slang die pasient gepik het en of jy die slang kan beskryf.
- Die volgende vraag is natuurlik waar is die bytplek.
- Terselfdertyd sal die pasient vinnig ondersoek word want die simptome wat die pasient vertoon help ook om vas te stel (of om te bevestig) watter tipe gif die pasient in gekry het.
- Die pasient sal ook onmiddelik op 'n resperator geplaas word indien daar enige teken van asemhalings probleme is.
- Teengif sal dan toegedien word volgens voorskrif direk in die pasient se bloedstoom. ( In Suid Afrika word daar slegs twee tipes teengif gevind, een vir die gif van boomslange en die tweede vir al die ander tipes slange.)
- Die rede waarom teengif verkieslik slegs in 'n hospitaal deur 'n dokter toegedien moet word is dat die meeste pasiente gewoonlik 'n ernstige teenreaksie of tekens van erge allergie teen die teëgif mag ontwikkel wat net in 'n hospitaal behandel kan word waar alle mediese geriewe beskikbaar is.
- Wanneer die pasient gestabiliseer is sal daar na al die ander sekondere simptome en nagevolge omgesien word soos nekrose en ander infeksies.
- In die meeste gevalle waar die pasient deur 'n slang met sitotoksies gif gebyt was sal na die beskadigde weefsel deur veloorplantings of deur 'n kosmetiese heropbou operasie herstel moet word sodra die infeksie genees het. Laasgenoemde kan tot drie maande neem.
HOE OM SLANGBYT TE VOORKOM
- Die belangrikste om te onthou is dat 'n slang sal eerder weg vlug of weg seil na 'n veilige plek as om jou aan te val. 'n Slang sal net aanval as hy geen ontsnaproete het nie. Stap dus versigtig weg wanneer jy 'n slang in die veld tee kom.
- Verder onthou enige skielike beweging maak 'n slang senuweeagtig en plaas hul dadelik op hul hoede, gereed om hul self te verdedig dit wil sê hul tel die kop op in 'n pik posisie of maak gereed om te spoeg indien dit een van die spoeg slange is, beweeg dus stadig weg. Dit mag ook wees dat jy die enigste veilige vlugroete van die slang kan versper, so beweeg dus versigtig terug en effens sywaards sodat die slang kan verby kom indien nodig.
- Die meeste gevalle van slangbyt kom voor onder mense wat slange probeer hanteer of vang, bly dus eerder weg van slange, laat hul met rus en behandel hul met die nodige ontsag. (Jy gaan mos nie 'n leeu wat slaap met klippe gooi of sy stert trek as jy te voet is nie.) Moet dus nie probeer om slange te vang met die gedagte om hul op 'n ander plek vry te laat nie. Laat 'n kundige persoon die takie namens jou verrig.
- Pas veral op vir slange wat lyk of hul dood is. Baie slange speel dood wanneer hul bedreig voel en pik dan blits vinnig as die geleentheid hom voordoen.
- Pasop vir klein of jong slangetjies, hul gif is net so giftig soos 'n groot slang se gif. Die enigste redding mag dalk wees dat hul minder gif kan inspuit as 'n grote. Onthou dat 'n volwasse swart mamba tienkeer meer gif per byt kan inspuit as wat nodig is om jou dood te maak. 'n Jong slangetjie hoef dus net 'n tiende van sy pa of ma se gif in te spuit om jou nog steeds 'n noodlottige byt toe te dien.
-
Wanneer jy bedags of selfs snags in die veld gaan stap dra stewels en
nie sandale nie. Trek ook 'n stewige dik lang broek wat effens los sit om die
bene en tot oor jou stewels strek, aan. Iets soos 'n chino of 'n jean wat sal
voorkom dat die slang se tande maklik deur die broek dring en jou been pennetreer.
Die heel beste roep is om vir jou 'n paar slangkouse of kamaste (“snake gaiters”)
aan te skaf as jy werklik gereeld in die veld rond beweeg.
SLANGKOUSE of KAMASTE
Ek bedoel nie hierdie tipe nie !!!
Hier is die ware jakob. Beide werk baie goed maar die paar in die middelste foto is verseker die veiligste.
- Moenie saans in die donker, in die kamp of in die veld, kaalvoet of sonder 'n flits rond beweeg nie. Die meeste slange raak aktief en jag in die nag en kan jy dus maklik per ongeluk op een trap of binne pik afstand kom.
- Sekere slange soos die swart mamba en die Kaapse kobra kan tot 'n derde of meer van hul lengte regop staan wanneer hul bedreig voel dit wil sê 1 tot 1.2m hoog. Wanneer hul jou dus pik kan dit op borshoogte wees wat baie meer ernstig is as 'n pik aan die hand of been. Hou dus jou afstand en beweeg dadelik versigtig weg. Hou 'n afstand van minstens 3-5 m van hierdie slange af en beweeg dan versigtig weg.
- Dieselfde reël geld vir slange wat spoeg. Slange soos die Mosambiekse spoeg kobra kan so ver as 3m spoeg. Indien jy nader is, is die kanse dat sy gif in jou oë sal wees baie goed.
- Wanneer jy in die veld stap trap eerder op klippe en stompe eerder as om oor hulle te trap want jy mag dalk slang se kind wat onder die klip in die son lê en slaap verras en sy eerste reaksie sal wees om te pik.
- Vir die bergklimmers, wees versigtig waar jy vat maak seker want jy kan dalk deur een van die kleiner slange soos die berg adder wat agter 'n rots lê of in 'n klipskeur skuil, verras word as jy jou hand daarna uitreik.
TEN SLOTTE
Eerstens, moet asseblief nie slange net links en regs dood maak nie, hul speel 'n baie belangrike rol in die natuur om knaagdiere en ander plae in toom te hou.
Tweedens , die volgende APP “Snakebite FIRST AID Soutern Africa)”is 'n moet vir enige persoon wat baie in die natuur rond beweeg, soos stappers, bergklimmers, jagters, kampeerders en 4x4 reisigers. Teen R59.99 is dit een van die beste beleggings wat jy kan maak. Met al die inligting hierbo, opgesom deur kenners, beskikbaar op jou iphone, android selfoon, ipad of android tablet en dan ook enige tyd beskikbaar aangesien die APP op jou toestel self gelaai word. Die APP is hier te kry http://www.snakebitefirstaidapp.com/   MOET NIE WAG NIE!


VERWYSINGS GEBRUIK EN VERDERE LEESSTOF
- Slangboeke vir identifikasie en meer inligting:
Slange en Slangbyt in Suider Afrika,
2de uitgawe, 120 bladsye, A5 grote
Skrywer: Johan Marias,
Uitgewers: Random House Struik,
ISBN Nr. 978 1 77584 024-4
(die engelse uitgawe : Snakes and Snakebite in Southern Africa, ISBN No. 978 1 77584 023 7)
NB!!! Hierdie is 'n boek wat elke reisiger of kampeerder deur Suider Afrika in sy voertuig of boswoonwa behoort te hê
Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider Afrika,
1 st Uitgawe, 57 bladsye, grote: 110mm x 165mm
Skrywer: Tracey Hawthorne
Uitgewers: Random House Struik,
ISBN Nr. 978 1 86872 188-7
(die engelse uitgawe : First Field Guide to Snakes & Other Reptile of Southern Africa, ISBN No. 978 1 86872 123 8)
Watter Slang is dit? 'n Beginner se gids tot die Slange van Suider Afrika,
1 ste uitgawe, 95 bladsye, grote: 167mm x 246mm
Skrywer: Johan Marias,
Uitgewers: Random House Struik,
ISBN Nr. 978 1 77007 732 4
(die engelse uitgawe : What’s that Snake A Biginner’s gide to Snakes in Southern Africa, ISBN No. 978 1 77007 373 9)
- Web verwysings en verdere leesstof oor Slangbyt:
http://www.zoosafrica.com/aka/images/stories/dangerous_snakes/Snake_bite_Go_Magazine.pdf
Vir 'n PDF kopie van bogenoemde verwysing kliek hier  http://www.cmej.org.za/index.php/cmej/article/view/2546/2581
Vir 'n PDF kopie van bogenoemde verwysing kliek hier  http://www.safpj.co.za/index.php/safpj/article/view/310/310
Vir 'n PDF kopie van bogenoemde verwysing kliek hier  http://www.africansnakebiteinstitute.com/
http://www.capesnakeconservation.com/SnakesCSC.pdf
Vir 'n PDF kopie van bogenoemde verwysing kliek hier  http://www.africansnakebiteinstitute.com/Posters/20140726_ASI_DSnakes_LIM-A3-Poster_AFR_DESKTOP.pdf
Vir 'n PDF kopie van bogenoemde verwysing kliek hier   - Web verwysings en verdere leesstof oor ons Giftige Slang self:
http://www.biodiversityexplorer.org/reptiles/squamata/serpentes/
http://goafrica.about.com/od/africasafariguide/tp/Africansnakes.htm
http://en.wikipedia.org/wiki/Black_mamba
http://en.wikipedia.org/wiki/Eastern_green_mamba
http://en.wikipedia.org/wiki/Boomslang
http://en.wikipedia.org/wiki/Twig_snake
http://en.wikipedia.org/wiki/Bitis_arietans
http://en.wikipedia.org/wiki/Rinkhals
http://en.wikipedia.org/wiki/Cape_cobra
http://en.wikipedia.org/wiki/Mozambique_spitting_cobra
http://en.wikipedia.org/wiki/Forest_cobra
http://en.wikipedia.org/wiki/Snouted_cobra
Ek het hierdie skrywe saamgestel, uit die werk wat baie ander mense reeds gedoen en gepubliseer het oor slange en slangbyt, as 'n opsomming van die inligting wat ek
graag byderhand sou wou hê in 'n kisies tyd eerstens vir myself maar ook vir ander wat dit kan gebruik. Hierdie is dus net 'n redigeerig van ander se harde werk wat ek
respekteer en met ontsag gebruik het.
Met groot dank aan soveel wat bygedra het t.o.v hul kennis, fotos, diagramme en kaarte in boeke en op die web. |