INHOUD VAN ONS 4x4 SE NOODHULPTAS

Met hierdie lysie het ons lank gesukkel. Ons het aanvanklik baie ander reisigers se lysies op die internet bestudeer en van ons medereisigers se lysies bekyk en toe maar ons eie lysie saamgestel wat vir ons tot dusvêr goed gewerk het. Hierdie lysie van ons se inhoud ry nou al vir meer as 5 jaar saam met ons sonder enige noemenswaardige veranderinge. Ek wil glad nie daarmee sê dat hierdie lysie enigsins volledig is nie of die beste medikasie of toerusting bevat nie, maar dit werk vir ons. Elkeen moet sy eie lysie saamstel na goed dinke, na sy behoeftes en vir die doel waarvoor jy dit wil aanwend. (Vra ook jou huisdokter om te help.) Stappers sou byvoorbeeld 'n veel ligter sakkie wil saamstel wat slegs die nodigste items vir een of twee stappers se behoeftes bevat. Die sak wat ons tans gebruik pas net mooi agter Hermien se stoel in die Land Cruiser kampeerder in en is dus altyd byderhand. Daar is ook nie werklik net een oplossing vir die houer waarin jy jou noodhulp items wil bêre nie. Die belangrikste is dat dit stofdig is en alles wat jy daarin wil berg, veilig sal beskerm. Onthou om 'n witkruis op 'n groen agtergrand daarop aan te bring sodat enige een wat die tas teekom sal weet dit is 'n noodhulptas.





Die beste bêre plek is 'n koel area in jou voertuig wat geen direkte son kry nie. Geen medikasie hou van hitte nie. Sekere medikasie moet ook liefs in 'n yskas gehou word.


ONTHOU ASSEBLIEF DIE VOLGENDE

  1. Die meeste medikasie het 'n verval datum op, waarna die effektiewiteit nie meer gewaarborg kan word nie, en die medikasie dus vervang MOET word. Gaan dus ALTYD voor jy op reis gaan jou Noodhulptas se toerusting en medikasie na.
  2. Vervang enige item wat jy verbruik het so gou moontlik sodat jou Noodhulptas altyd volledig bly.
  3. Moet asseblief nie jou kroniese medikasie wat jy daaglks gebruik vergeet wanneer jy op reis gaan nie. Gewoonlik is hierdie items nie in jou Noodhulptas of op jou noodhulptas se lysie nie.
  4. Maak voorsiening vir addisionele kroniese medikasie wat minstens twee weke se voorraad meer is as jou beplande reis, veral as jy op lang reise gaan en op afgeleë plekke gaan rondry waar jou medikasie dalk nie beskikbaar is nie.
  5. Neem 'n afskrif van jou dokter se voorskrif saam op reis vir ingeval jy addisionele medikasie sou benodig.

Hier is ons noodhulptas se lysie. (Laai 'n PDF weergawe hier af )












4. VERWYSINGS GEBRUIK EN VERDERE LEESSTOF

Een van die beste noodhulptas lysies wat ek op die internet kon vind, was hier te vinde:

http://www.4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=90919 Gaan kyk gerus.
PDF weergawe van bogenoemde  

Nog 'n goeie verwysing met baie goeie inligting bevat oor die noodbehandeling van verskillende mediese situasies kan hier bekyk word :
http://www.4x4offroad.co.za/tips/medical.htm

'n Goeie voorbeeld van 'n netjies en goed toegeruste noodhulptas kan hier gesien word :

https://ssl.stjohnvic.com.au/kits/view.jsp?product_id=1108
PDF weergawe van bogenoemde  

Meer inligting oor brandwond beskerming kan hier bekom word  

Ons ry die volgende noodhulp boeke saam om te help onthou wat om wanneer en hoe te doen. Daar is nie ruimte vir foute nie en seker te maak eerder as om op jou geheue staat te maak is baie veiliger.


Ons papier kopie :


Titel: The South African First Aid Manual – Emergency Procedures for Everyone at Home, at Work or at Leisure.
Uitgawe: Derde uitgawe (1997)
Skrywer : Onbekend
Uitgewers: Struik Uitgewers in samewerking met die St John Ambulanse en die Suid Afrikaanse Rooikruis Vereeniging.
ISBN : 1-86872-051-9
Ander inligting: Sagteband, 224 bladsye, A5 formaat
Prys: R120

'n Goeie alternatief :


Titel: Noodhulp vir die Suid-Afrikaanse Huis, Werkplek en Buitelewe Vlakke 1-3
Uitgawe: Eerste uitgawe (2006)
Skrywer : Linda Buys
Uitgewers: Struik Uitgewers in samewerking.
ISBN : 978-1-77007-202-2
Ander inligting: Sagteband, 232 bladsye

Daar is ook 'n Engelse weergawe beskikbaar maar beide is tans uit druk uit.


Ons eBook kopie wat op my skootrekenaar en tablet saam ry :


Titel: Dokter in die Huis – Die A-Z van Gesondheid, Siektes, Beserings, Operasies, noodhulp en Medisyne in Suid Afrika
Skrywer : Dr Jan van Elfen & Dr Don du Toit
Formaat: eBook, Adobe DRM ePub.
Verskaffer: Takealot.com
Prys: R451
Ligging: http://www.takealot.com/dokter-in-die-huis-ebook/PLID37615981#direct
Laaste Bywerking: 2015/07/18

Flag Counter