ZIMBABWE SE VOERTUIG VEREISTES EN OORTREDINGS
Alhoewel ons nog nie een keer in Zimbabwe in enige situasie met die polisie of verkeerspolisie
beland het waar ons enigsins die gevoel gekry het dat die spesifieke situasie kan lei tot teistering
of omkopery nie, bly dit nog steeds ‘n ongemaklike situasie as jy by ‘n padblokade gestop word. In
ons geval was die polisie elke keer beleef en professioneel maar nie oorvriendelik nie, iets wat ‘n
mens maar altyd ongemaklik laat. Die beste raad is om altyd vriendelik te bly en nie onnodige
grappies te maak of geselsies aan te knoop nie. Wat nog altyd vir ons gewerk het, was om baie
vriendelike ‘n opmerking te maak oor hul mooi land en hoe vriendelik almal is en dat dit regtig
baie aangenaam en ‘n voorreg is om in hul land te kan kuier. Dit maak dit vir die persoon baie
moeilik om die uitsondering op die reël te word. In gevalle waar sake dalk anders verloop is
dit soms goed om te weet wat jou regte is en wat die meegaande boetes is sou jy wel ‘n oortreding
begaan het. Die artikel wat ek op die internet gekry het plaas ek net so in Engels om seker te maak
niks gaan verlore in die vertaling daarvan nie. Laai ‘n kopie van hierdie dokument hier af deur
hier te kliek vir ‘n PDF weergawe. Hou ‘n kopie hiervan in jou voertuig se
oorgrens dokumentasie lêer net ingeval jy dit langs die pad dalk sou nodig kry.
ZIMBABWE – VEHICLE REQUIREMENTS AND OFFENCES




VERWYSINGS EN VERDERE LEESSTOF
http://www.bigsky.co.zw/sites/default/files/Big%20Sky%20-%20Roadside%20checks%20-%20Notes%20for%20the%20cubby%20hole%20%28No.10%29.pdf
PDF weergawe van bogenoemde  
http://www.bigsky.co.zw/cubbyhole-notes
http://www.victoriafalls-guide.net/zimbabwe-vehicle-regulations.html
http://www.zimbablog.com/2013/06/11/list-of-zimbabwean-traffic-offences-and-fines-q1-2013/
http://www.4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=154127