VERWYSINGS NA DIE BESTE PLEKKE VIR NATUURLEWE FOTOGRAFIE IN SUID AFRIKA, NAMIBIA EN BOTSWANA

Vir die meeste van ons kry ons slegs eenkeer of miskien twee keer per jaar die geleentheid om die wildernis of een van Suider Afrika se pragtige wildtuine te besoek. Die grootste probleem is natuurlik finansies en tyd. Die wildlewe fotograaf wil dus graag weet waar hy die beste kans staan om mooi fotos van wilde diere te kan neem. Dit is doelloos om van een plek na 'n ander te ry sonder dat jy weet wat jy daar te wagte kan wees. Aanvanklik het ek ook hierdie probleem gehad totdat ek uitgevind het dat daar baie wonderlike verwysings is wat jou met hierdie probleem kan help, geskryf deur kundige en ervare professionele en amateur fotograwe. Die lys van verwysings hier onder is sekerlik nie volledig nie, en ek wil ook nie beweer dat dit die heel bestes is nie, maar dit het my baie gehelp om op die regte plekke te kom en dan eerder my tyd aan fotografie te spandeer as om tussen plekke rond te ry.

Een van die beste algemene verwysings is natuurlik Shem Compion van “C4 Images and Safaries” faam se “Top Wildlife Photography Spots in South Africa”. Hy is 'n welbekende natuurlewe fotograaf wat gereeld fotografiese werkswinkels aanbied vir natuurlewe fotograwe wat hul stokperdjie of beroep wil neem na die hoogste vlak. Sy werkswinkels vind plaas in die natuur en gewoonlik in die mees eksotiese plekke.

Vir baie mense is die Kruger Wildtuin of liefs Nasionale Park die hoogte punt van hul jaarlikse vakansie weg van die see. Daarom sluit ek die volgende verwysings in. 'n Werklik oulike boek is die van Nigel Dennis, ook een van Suid Afrika se beste wildlewe fotograwe, en skrywer van vele boeke met die pragtigste fotos wat hy of hy en sy vrou saam geneem het . Hiedie boekie het ek ongelooflik gevind tydens my laaste besoek aan die Kruger.

Die volgende verwysing verskaf nie net meer inligting oor die onderskeie kampe, watergate en diere in die park nie maar is veral gewild omdat dit meer inligting oor die bome en plante in die park ook gee. Die natuur bestaan nie net uit die groot diere en voëls om jou nie maar ook uit die kleiner diere soos muishonde, dassies, eekhoringkies, insekte en reptiele en dan die habitat waarin alles leef naamlik die berge, velde, bome en algemene plantegroei.

Media24, die uitgewers van die wel bekende WEG en WEG-RY tydskrifte het ook die volgende baie oulike spesiale gidse gepubliseer oor die Kruger Nasionale Park: In 2011 die WEG se Spesiale Kruger Uitgawe - Volledige Krugergids en in 2013 weer WEG se Jou Volledige Gids Krugerwildtuin. Ek is nie seker of hierdie spesiale uitgawes nog by Media24 beskikbaar is nie maar probeer by jou plaaslike Hospice se tweedehandse boekwinkel, ek het al by meer as een geleentheid kopië daar op die rak gesien.


My persoonlike gunsteling Suid Afrikaanse Nasionale Park is die Kgalagadi Oorgrens Park. Die mooiste fotos van roof diere en roofvoëls word hier geneem. Hier het ons ook al saam met vriende en drie leeuwyfies, 'n kampplek aan die Botswana kant van die park, een aand by Sesatswe pan gedeel. Met die drie uitgegroeide leeuwyfies so tussen die voertuie was daar die aand maar min geslaap, veral deur ons vriende in hul daktente. Daar is geen ander wildtuin waar jy so na aan die natuur kan kom nie.

Ek het hierdie artikel onlangs raak geloop op SANPARKE se WILDCARD webblad. “Top 10 Waterholes of the Kgalagadi “ deur Rebekah Funk. Die artikel kom in drie dele voor, vandaar die drie webblad verwysings naamlik:

DEEL 1 - http://www.wildcard.co.za/blog.htm?action=view-post&id=4859
DEEL 2 - http://www.wildcard.co.za/blog.htm?action=view-post&id=4860
DEEL 3 - http://www.wildcard.co.za/blog.htm?action=view-post&id=4861

Of laai 'n PDF weergawe hier af: DIE 10 BESTE WATERGATE IN DIE KGALAGADI.PDF (632 KB)

Ek wil ook weer begin met Peter Derichs se boek “Peter’s Guide – Kgalagadi Transfrontier Park”. Die formaat is dieselfde as die een oor die Kruger Wildtuin.

Die Weg tydskrif span het ook 'n baie netjiese spesiale uitgawe oor die Kagalagadi uitgebring naamlik:

Wanneer die reislus jou oor ons grense wil neem, lees dan Shem Compion se “Insider’s Guide – Top Wildlife Photography Spots in Botswana and Namibia”.

Ten slotte 'n baie spesiale boek wat baie van jou vrae oor die diere, voël, insekte en reptiele van Suider Afrika sal beantwoord. Dit is ook 'n wonderlike boek om te lees en na te slaan terwyl jy vir daardie leeu of luiperd wag by die watergat, om te kom water drink. Koop hierdie boek jy sal nooit teleurgesteld wees nie. Hierdie book is ook in Engels te kry as “Game Ranger in Your Backpack”.

Laaste Bywerking: 2014/07/09

Flag Counter