SKERPIOENSTEEK – Wat moet ek doen ?
INLEIDING
Daar slegs sewe spinnekoppe in Suider Afrika waarvan ons werklik kennis hoef te neem. Vyf is gevaarlik en mag selfs dodelik wees of baie slegte nagevolge hê. Mediese hulp moet dringend by 'n hospitaal verkry word wanneer een van hulle jou byt.
Die vyf gevaarlikste spinnekoppe is:
- die swart knopiespinnekop - met sterk neurotoksiese gif (die gif val die senuweestelsel aan) en sy byt kan noodlottig wees,
- die bruin knopiespinnekop - met matige neurotoksiese gif en sy byt is gewoonlik nie noodlottig nie,
- sesoogkrapspinnekop ook bekend as sesoogsandspinnekop – met hul kombinasie van hemolitiese en nekrotokses gif (wat die geleidelike lek van die bloedvate veroorsaak, weefsel selle vernietig en dan ook lei tot faling van verskeie organe in die liggaam), gelukkig is hulle baie skaars en kom slegs in die Kalahari en die Namib woestyn voor, daar is ook geen teengif vir sy byt beskikbaar nie,
- die langbeensakspinnekop (“sac spider”) en
- die vioolspinnekop (“brown recluse spider”)
Laasgenoemde twee se gif is sitotoksies d.w.s. die gif val die weefsel van die pasient aan en nie sy senustelsel nie. Hierdie gif voorkom dat wit bloedselle by beskadigde weefsel rondom die bytplek kan uitkom, en het tot gevolg dat die weefsel selle dan afsterf. Hierdie inflammasie moet dadelik aangespreek word aangesien sekondere inflammasie kan intree wat die proses kan vererger en ’n nog groter verlies aan weefselselle kan veroorsaak, dooie weefselselle kan nie vervang word nie en groot oop sere vorm dan, hierdie wonde neem lank om te genees en laat gewoonlik lelike gate in die weefsel agter. Vir meer inligting en fotos van sulke wonde gaan gerus na die eerste van die verwysings onder aan hierdie artikel.

Kom oor die hele Suidelike Afrika voor, buitens huis so wel as binnens huis.

(Liggams lengte 8-15mm, pootspan tot 40mm)
Kom hoofsaaklik in Zimbabwe, die Limpopo en Gauteng provinsies voor.

Liggaamslengte ongeveer 9-19 mm en sy pootsirkel diameter ongeveer 60mmm
Baie skaars en kom slegs in die Kalahari en Namib Woestyn se sand voor.
Die sesoogsandspinnekop se gene naam “Sicarius” of in Afrikaans vertaal, moordenaar, sê sommer als. Sy gif is hemolities asook nekrotoksies, veroorsaak dus bloeding sowel as weefsel vernietiging. Daar is geen effektiewe behandeling teen sy byt nie. Gelukkig is hy skaars en kom slegs voor in dorre dele soos die Kalahari en die Namib woestyn en is ook nie vinnig om te byt nie. Hy begrawe himself in die sand en wag vir sy prooi. Sy liggaam is ook bedek met haartjies wat sand vasvang om sodoende sy kamoflering ook te kan verbeter. Hy loop soos 'n krap en het ses oë, gegroepeer in drie groepe van twee oë elk.

Sy liggaamslengte is ongeveer 7-12 mm en sy pootsirkel diameter ongeveer 40 mm.
Hulle jag snags en kom voor onder stompe en word baie algemeen gevind in grotte oral oor in Suid Afrika

Foto deur: Johan Heyns (project noah)
Langbeensakspinnekoppe word algemeen buite gevind, slegs een spesie naamlik C. furculatum word gereeld in huise gevind. Daar mag hul die dag spandeer byvoorbeeld in die voue van gordyne of beddegoed, en selfs klere wat hang op die wasgoedlyn in 'n sagte sy koekon agtige skuilplek.
Die twee vreesaanjaendste spinnekoppe is natuurlik :
- die bobbejaanspinnekop (ons eie tarantula) en
- die rooi roman of ook bekend as die baardskeerder
Bogenoemde twee is slegs vreesaanjaend, hul byt is wel baie pynlik maar hul gif is net matig toksies wat jou kan laat sleg voel maar is glad nie lewensgevaarlik nie.
Die bobbejaanspinnekoppe is 'n groot, stewige, harige, lig bruin, of rooi bruin tot swart spinnekoppe met 'n groot lyf en stewige pote en het 'n pootspan wat tot 120mm in deursnee kan wees. Woon in ondergrondse tonnels van tot 40 cm diep, netjies uitgevoer met sy. Hulle jag gewoonlik saans.
Persone wat gebyt word deur 'n bobbejaanspinnekop voel onmiddelik 'n brandende pyn afkomstig van die bytplek, na twee ure kan die pasient begin vomeer, selfs tekens toon van skok, raak bleek en ondervind probleme om normaal te kan loop, maar sy byt is glad nie noodlottig nie.

http://www.sanbi.org/creature/blue-footed-baboon-spider


(Photo: John Visser.)
Die tweede van die groep vreesaanjaende spinnekoppe is die rooi roman (ook bekend as die baardskeerder of haarskeerder). Die rooi roman is nie werklik 'n spinnekop nie maar lyk soos een. Hy val in 'n ander orde naamlik Solifugae 'n orde wat ook beter bekend is in Noord Afrika as die kameel spinnekoppe. Die latynse naam Solifugae, beteken, “vlug van die son” wat hul ook soms die naam van son spinnekoppe gee.

Hulle kom voor in droë en warm dele, jag in die dag en vlug van die hitte deur van skaduwee tot skaduwee te beweeg. Vandaar die gedagte dat hul mense aanval en wanneer jy dan weg beweeg dit lyk of hul jou volg, eintlik volg hul slegs jou skaduwee. Die lyf is rooi bruin, dit lyk of hul tien bene het en nie agt soos alle spinnnekoppe nie, die eerste paar bene is eintlik vals bene en dien as reuk sensors en raak gewoonlik nie die grond nie, maar hul kan ook ingespan word om prooi vas te hou of om teen rotse op te klim. Die vreesaanjaende knypers voor aan die mond is die rede waarom almal dink hy moet gevaarlik wees en natuurlik die feit dat hy op jou afpyl en dit lyk of hy jou aanval, maar eintlik soek hy net 'n bietjie skaduwee teen die son se hitte, en joune is lekker groot. Hulle is glad nie giftig nie maar hul byt of liefs knyp kan baie pynlik wees. Sy pootsirkel diameter kan ook so groot as 120mm wees.
SIMPTOME NA DIE BYT VAN 'N SPINNEKOP MET NEUROTOKSIESE GIF (Swart en bruin knopiespinnekoppe)
Hul byt gaan gepaard met 'n erge brandpyn rondom die bytplek en wat tipies bestaan uit twee gaatjies so 3-4mm uit mekaar. Sien foto hieronder.

Baie van die simptome is dieselfde as die van 'n neurotoksiese skerpioen steek wat die moeilik maak om te onderskei. Gewoonlik sien jy die skerpioen wat jou gesteek het terwyl jy nie altyd weet dat jy deur 'n knoppiespinnekop gebyt is nie. Soek dus vir die bytplek indien nog sigbaar. Onthou kinders en ouer persone is is ook hier die hoë risiko groep.
Dit is belangrik om daarop te let dat die bruin knopiespinnekop ongeveer 'n kwart so giftig is as die van die swart knopiespinnekop en dat daar nog geen sterfte aangeteken is van iemand wat deur 'n bruin knopiespinnekop gebyt is nie.
SWART KNOPIESPINNEKOP BYT - Die volgende simptome kan voorkom:
- Die byt gaan gepaard met 'n erge brandpyn by die bytplek wat binne 15 minute kan versprei na omliggende weefsel en naby geleë limfkliere.
- Sy bloeddruk sal toeneem.
- Die pasient word gewoonlik rusteloos.
- Die pasient sal baie begin sweet.
- Ondervind algemene spier pyn en krampe na ongeveer 'n uur.
- Sametrekking van die maagspiere.
- Kla van pyn in die bene.
- Ondervind ook 'n algemene swakheid in die bene.
- Kan ook koors ontwikkel, naar voel , vomeer, hoofpyn ontwikkel, hipertensie en traagheid van spraak ondervind.
BRUIN KNOPIESPINNEKOP BYT -
Die volgende simptome kan voorkom:
- Omdat die gif van die bruin knopiespinnekop heelwat minder giftig is, is die simptome ook meer beperk tot die area rondom of naby die bytplek.
- Die byt gaan gepaard met 'n erge brandpyn by die bytplek wat kan versprei na omliggende weefsel en naby geleë limfkliere.
- Die bytplek is meer opsigtelik en kan in baie gevalle as 'n wit vlek omring deur 'n lokale uitslag gesien word.
- Hierdie kondisie klaar gewoonlik binne 'n dag of twee op.
BEHANDELING
Wat moet jy doen as jy gebyt word
- Was onmiddelik die bytplek en die area daar rondom met skoon water en seep, om enige moontlike infeksie van die bytplek te voorkom. Hou dus die bytwond skoon ter alle tye aangesien spinnekop bytplekke baie vinnig infeksie ontwikkel.
- Hou die pasient kalm en verseker hom dat baie min persone nog van spinnekopbyte gesterf het en hoofsaaklik vanweë komplikasies eerder as van die gif self.
- Plaas 'n koue kompres of ys toegedraai in 'n lap op die wond. Hou die wond steriel ten alle tye om sekondere infeksie te voorkom.
- Gee paracetamol vir die pyn.
- Vang die spinnekop indien moontlik en hou vir identifikasie deur mediese personeel by hospitaal.
- Indien bogenoemde simptome begin manifisteer, neem die pasient so gou moontlik na 'n hospitaal. Neem kinders en ouer persone na die naaste hospitaal byvoorbaat.
- Moet nie probeer om die wond te sny en die gif uit te suig nie.
- Die pasient se hartklop (pols),bloeddruk en asemhaling sal vir minstens 24 gemonitor word.
- Die pasient sal indien nodig met Latrodestus spinnekop teengif behandel word. Hierdie teengif word binneaars toegedien en 4-6 ure later sal dit dalk nodig wees om 'n tweede kleiner dosis toe te dien. Die pasient reageer positief binne 15-30 min op die teengif.
- Om krampe te verlig mag 'n 10% kalsium glukonaat oplossing ook binneaars vir die pasient toegedien word.
- Na die toediening van die teengif moet die pasient goed dop gehou word vir minstens 12 uur om seker te maak daar is geen newe effekte vanweë allergiese reaksie op die teengif nie.
- Die pasient behoort na die waarnemings periode huis toe te kan gaan.
SIMPTOME NA DIE BYT VAN 'N SPINNEKOP MET SITOTOKSIES GIF ( Vioolspinnekop, langbeensakspinnekop )
1. VIOOLSPINNEKOP BYT - Die volgende simptome kan voorkom:
- Gewoonlik is die byt self pynloos en weet die pasient nie eens dat dit plaasgevind het nie. Vind in baie gevalle plaas wanneer die persoon slaap en die spinnekop per ongeluk vasdruk.
- Daar mag tekens van 'n bytplek wees of nie. Gewoonlik vorm 'n rooi area om die bytplek.
- Die area rondom die bytplek begin dan ook jeuk.
- Na 12-24 uur vorm daar wat lyk soos 'n blaas oor die bytplek.
- Na 'n paar dae vorm daar 'n letsel wat soos 'n pitsweer lyk.
- Indien geen sekondere infeksie ingetree het nie, begin die proses van herstel vanself en behoort die wond na ongeveer 10 dae goeie tekens van herstel te toon.
- Indien sekondere infeksie ingetree het sal die pasient na 3-5 dae 'n koors en algemene
ongesteldheid begin ontwikkel. Die nekrose of afsterwing van weefsel ontwikkel oor 'n periode
van 3-7 dae en 'n oorkoepelende nekrose dop vorm.
Foto geleen by CDC - Na 2-3 weke kom die dooie weefsel los en kom 'n lelike gat van ongeveer 10mm in deursnee na vore.
- Hierdie sere is stadig om te genees en kan enige tyd weer hervat of na voorheen gesonde weefsel versprei en neem dan soms maande om ten volle te genees en laat baie lelike letsels agter wat net met rekonstruksie en kosmetiese sjirurgie reggemaak kan word.
BEHANDELING
Wat moet jy doen as jy gebyt word
- Was onmiddelik die bytplek en die area daar rondom, wanneer dit ontdek word, met skoon water en seep. Om enige moontlike infeksie van die bytplek te voorkom. Hou dus die bytwond skoon ter alle tye aangesien spinnekop bytplekke baie vinnig infeksie ontwikkel.
- Indien die spinnekop nog te vinde is vang hom of spuit hom met insekdoder en hou vir identifikasie deur mediese personeel by hospitaal indien nodig.
- Behandel die wond en nabye omgewing met antiseptiese room.
- Indien bovermelde simptome begin manifesteer, neem die pasient so gou moontlik na 'n dokter of die naaste hospitaal want dit is belangrik dat die pasient 'n tetanus endstof versterkings (“booster”) inspuiting ontvang.
- Indien enige tekens van sekondere infeksie manifisteer, moet die pasient by 'n dokter of hospitaal uitkom om die nodige sistemiese antibiotika te kry om die proses van weefsel beskadiging te probeer stop. Dit mag selfs nodig wees om van die beskadigde weefsel sjirurgies te verwyder om vinnig verspreidende sere to kan stop.
- Moet nie die bytplek as dit begin sweer probeer oop maak om dit skoon te maak nie. Dit sal verseker sekondere infeksie aanhelp met baie slegte gevolge en groot letsels laat. Neem die persoon eerder na die naaste dokter of 'n hospitaal sodat hulle na die wond kan omsien.
- Neem asseblief kennis dat daar geen teengif vir die gif van 'n vioolspinnekop is nie en dat die enigste behandeling slegs sal wees om die wond skoon te hou en die nodige antibiotika toe te dien om sekondere infeksie te bestry of te voorkom en om herstel van die wonde aan te help.
- Dit is wel belangrik dat die pasient 'n tetanus endstof versterkings (“booster”) inspuiting ontvang.
- “Dapsone” behandeling in klein dosisse oor 'n periode van 14 dae word ook soms gebruik om die groei van die sere te voorkom. Newe effekte van hierdie behandeling vereis dat die pasient gehospitaliseer moet word.
- Dit mag selfs nodig wees om van die beskadigde weefsel sjirurgies te verwyder om vinnig verspreidende sere te kan stop.
- Na genesing van die wonde wat tussen 3-4 maande kan neem, mag sjirurgiese prosedures nodig wees om die afgesterfde weefsel te verwyder en die letsels weer op te bou. Selfs veloorplantings mag nodig wees.
2. LANGBEENSAKSPINNEKOP BYT - Die volgende simptome kan voorkom:
- Gewoonlik is die byt self pynloos en weet die pasient nie eens dat dit plaasgevind het nie.
- Die bytplek kan uit twee bytmerke bestaan wat so tussen 4 en 8mm van mekaar geleë is en het 'n geel-groen kleur, die kleur van die spinnekop se gif.
- Simptome begin eers ontwikkel 2-8 uur na die byt.
- Die eerste simptome is die van 'n effens rooi en opgehewe area wat net soos 'n muskietbyt lyk (lokale infeksie van die bytplekke) en wat dan al hoe meer pynliker raak en verder begin swel.
- Die bytplek kan soms ook jeukerig raak en 'n effense uitslag mag ook ontwikkel.
- Sommige pasiente ontwikkel 'n effense koors en hoofpyn na 3 dae. Hierdie simptome veroorsaak baie keer dat die pasient verkeerdelik gediagnoseer word met bosluisbytkoors.
- Na 'n paar dae begin 'n blaas vorm oor die nekrose (area met afgesterfde weefselle).
- Die sentrale deel van die wond word nou swart en die omringende gedeelte opgeswel en rooi.
- Hierdie wond bly groei en kan sonder behandeling en selfs sonder enige sekondere infeksie vinnig tot 'n oop wond van 10mm in deursnee groei.
- Indien die pasient gelukkig is en geen sekondere infeksie intree nie, sal die area om die wond na 10 dae weer begin herstel. 'n Gedeelte van die gat sal ongelukkig as 'n letsel agter bly.
- Indien sekondere infeksie wel intree moet die pasient dringend mediese hulp kry en kan die wonde bly groei en maande neem om weer te genees en onooglike letsels nalaat waar die weefselselle afgesterf net.
BEHANDELING
Wat moet jy doen as jy gebyt word
- Was onmiddelik die bytplek en die area daar rondom met skoon water en seep, om enige moontlike infeksie van die bytplek te voorkom. Hou dus die bytwond skoon ter alle tye aangesien spinnekop bytplekke baie vinnig infeksie ontwikkel.
- Wend antibakteriese room soos Betadine aan oor die bytplek om sekondere infeksie te help voorkom.
- Indien die spinnekop nog te vinde is vang hom of spuit hom met insekdoder en hou vir identifikasie deur 'n dokter of die mediese personeel by 'n hospitaal indien later nodig.
- Daar is geen teengif vir die langbeensakspinnekop se gif nie. Behandeling bestaan dus hoofsaaklik om die simptome te behandel en om sekondere infeksie te voorkom. Hospitalisasie is dus gad nie nodig nie, maar kry mediese hulp om te verseker jy doen die regte dinge.
- Dit is belangrik dat die pasient gaan vir 'n tetanus endstof versterkings (“booster”) inspuiting.
- Wanneer sekondere infeksie wel manifisteer moet die pasient so gou moontlik die nodige antibiotika kry om die infeksie te help beveg.
- Wanneer sekondere infeksie intree mag dit soms nodig wees om die dooie weefselselle sjirurgies te verwyder om die herstel proses van die wond te kan aanhelp.
- In baie gevalle sal kosmetiese of rekonstruktiewe sjirurgie nodig wees om die letsels na die herstel proses weer toe en netjies te maak.
TEN SLOTTE
Dit is belangrik om te weet dat spinnekoppe slegs byt om hulself te beskerm. Hul byt dus slegs as hul aangespoor / getart word of wanneer hulle vasgedruk word, wat gewoonlik die geval is wanneer jy in jou slaap deur 'n spinnekop gebyt word. Jou kanse om deur 'n gevaarlike spinnekop gebyt te word is baie skraal, moet dus asseblief nie alle spinnekoppe wat jy teekom links en regs dood maak nie.
VERWYSINGS GEBRUIK EN VERDERE LEESSTOF
http://www.cmej.org.za/index.php/cmej/article/view/2547/2582
PDF weergawe van bogenoemde  
http://www.spiderclub.co.za/articles/dangerousSpiders.html
PDF weergawe van bogenoemde  
http://www.smcmad.org/data/brochures/other_vectors/yellowsacspider.pdf
http://www.biodiversityexplorer.org/arachnids/spiders/bites.htm
http://www.biodiversityexplorer.org/arachnids/spiders/button_spider_bites.htm
http://www.biodiversityexplorer.org/arachnids/spiders/sac_spider_bites.htm
http://www.biodiversityexplorer.org/arachnids/spiders/violin_spider_bites.htm
http://www.biodiversityexplorer.org/arachnids/spiders/sicariidae/sicarius.htm
Sasol Eerste veldgids tot Spinnekoppe en Skerpioene van Suider Afrika, saamgestel deur Tracey Hawthorne