BYSTEEK – Wat moet ek doen ?

IN 'N NOODGEVAL:
Simptome
Behandeling

INLEIDING

Hierdie artikel is net so geldig vir die steek van perdebye en wespes. Die enigste verskil is dat die perdeby en sy nefie die wespe nie hul angels agter laat na 'n steek nie en dus herhaalde kere kan steek wat in baie gevalle wel gebeur as hulle jou aanval. Gewoonlik steek hulle net een keer as jul paaie per ongeluk en intiem kruis.

Die Heuningby Die Rooi Perdeby



Foto geleen by: http://natuur.afrikaansegids.info/insekte.htm

Bye laat hul angel en gifsakkie agter as hul steek met die gevolg dat die by later sterf maar jy sit met 'n angel wat steeds bly gif pomp in jou liggaam vanweë die nie willekeurige sametrekking van die spiere wat om die gifsakkie sit en saam agter gebly het. Dit is dus belangrik om die angel so gou moontlik te verwyder veral as die pasient 'n geskiedenis van ernstige allergie vir bysteek het wat tot anafalaktiese skok kan lei. Gebruik iets soos die rugkant van 'n mes of die rand van 'n bankkaart om die angel uit te haal met 'n enkele veeslag. Jy kan natuurlik ook jou nael gebruik as die effens lank is. Enige iets waarmee die angel vasgevat kan word om dit uit te trek, forseer net die orige gif in die gifsakkie uit en in die pasient in. Moet dus nie klein tangetjies, “tweezers”, gebruik nie.

NB! DIT IS OOK BAIE BELANGRIK DAT IEMAND WAT ALLERGIES IS VIR BYSTEEK 'N MEDIESE ARMBAND DRA WAT ANDER MENSE DAAROP ATTENT SAL MAAK INGEVAL JY WEL GESTEEK WORD. Dit sal help dat die korrekte nood behandeling ommiddelik toegepas word en tyd nie onnodige verspeel word nie.

In die 1950’s ontsnap daar in Brazilia 'n paar korwe wetenskaplik gemiteerde bye tydens 'n studie waartydens daar gepoog was om 'n meer siektebestande by met 'n beter heuning vervaardigings vermoë te ontwikkel deur van die Afrika heuningby (Apis mellifera scutellata ) en die Europese Heuning by (Apis mellifera mellifera) gebruik te maak en per ongeluk 'n ongelukig 'n monster geskep, naamlik die baie aggresiewe Geafrikaniseerde by wat in Suid Amerika en die VSA bekend staan as “killer bees” omdat hul in swerms aanval en baie van die pasiente nie die aanval oorleef nie.

In Suid Afrika het ons ook in die 1980’s 'n soortgelyke fout begaan toe die Kaapse heuning by (Apis mellifera capensis) na die noordelike deel van Suid Afrika gebring is om heuning produksie te probeer verbeter. Die wyfie Kaapse heuningby het ongelukkig die vermoë besit om hul self as Afrika heuningbye voor te doen, die byekorf van die Afrika by binne te dring en dan 'n metamorfose te ondergaan wat haar in staat stel om self eiers te begin lę in van die ongevulde selle in die korf, dus in direkte kompetisie met die Afrika by se koningin. Die ongeluk is dat die Kaapse bye wat dan in die korf uitbroei nie die nes verlaat nie maar leef van die heuning in die korf en dan weer self eiers begin lę. Die Afrika by se koningin kan dus nie weer voorbly nie en die Kaapse bye verdryf dan ook die Afrika werker bye met gevolg dat die korf se oorspronklike bevolking uitsterf en die heuning opraak. Die Kaapse bye soek dan net weer 'n nuwe korf om binne te dring. Hul voer dus in die noorde 'n parasitiese bestaan.


SIMPTOME NA 'N BY OF PERDEBY STEEK

By of perdeby steek veroorsaak verskillende simptome by verskillende mense, reaksies wat kan wissel van tydelike lokale pyn, ongemak en ligte swelling tot ’n ernstige allergiese reaksie wat kan lei tot anafalaktiese skok wat as daar nie dadelik opgetree word nie, noodlottig kan wees.

  1. Tekens van 'n Mindere Ernstige Reaksie

    • Onmiddelike skerp pyn in die area van die steek.
    • 'n Effense rooi kol verskyn rondom die steekplek.
    • 'n Witterige ferm uitbulting ontstaan waar die angel die vel binne gedring het.
    • 'n Effense swelling van die area rondom die steekwond mag volg.
    • Die area rondom die steekplek raak ook jeukerig

    By meeste gevalle verdwyn bogenoemde simptone na 'n paar uur.

  2. Tekens van 'n Meer Ernstige Reaksie

    By ongeveer 10% van pasiente ontstaan daar 'n meer ernstige reaksie op die gif van 'n by of perdeby en vind die volgende ook plaas:

    • Die area wat tevore effens rooi was vergroot en word nou duidelik rooi soos wanneer ontsteking in 'n wond voorkom.
    • Die swelling om die steekplek raak al groter in die daarop volgende dag of twee.

    Hierdie ekstreme simptome verdwyn weer vanself oor 'n tydperk van 5-10 dae. Hierdie tipe reaksie beteken nie dat die pasient met die volgende steek 'n 100% seker wees dat hy of sy anafalaktiese skok sal ontwikkel nie maar net dat dieselfde reaksie wel weer sal voorkom. Bespreek die situasie met jou huisdokter wat iets sal kan voorskryf wat jy kan neem om te voorkom dat die simptome weer so erg ontwikkel.

  3. Tekens van 'n Ernstige Allergiese Reaksie (Anafalaktiese Skok)

    By 3 % van pasiente wat deur 'n by of perdeby gesteek word ontwikkel ernstige allergiese reaksie of sogenaamde anafalaktiese skok. Hierdie simptome ontwikkel baie vinnig en is potensieel lewensgevaarlik en vereis dadelike en dringende mediese hulp. Tekens van Anafalaktiese skok sluit in:

    • Die ontstaan van 'n veluitslag , areas wat erg juk of swelling op verskeie plekke op die liggaam anders as die steekplek. Dele van die vel vertoon of dit bloos of die vel word bleek.
    • 'n Aanvanklike gevoel van benoudheid op die bors
    • Asemhaling word al moeiliker
    • Swelling van die keel en tong
    • 'n Swak maar vinnige polsslag
    • Naarheid, vomering en diarree
    • Swelling om die oë mag ook voorkom
    • Duiseligheid en floutes
    • Verlies van bewussyn.

    30% - 60% van pasiente wat wel 'n ernstige reaksie op bysteek toon het 'n kans om by 'n volgende keer wel anafalaktiese skok te ontwikkel neem dus die nodige stappe om dit te voorkom nadat jy jou hisdokter of 'n spesialis geraadpleeg het.

  4. Meervuldige By of Perdeby steke

    In die meeste gevalle is bye of perdebye nie aggresief nie en sal hul slegs steek uit self verdediging en dan steek hul in die geval van bye slegs een keer. Perdebye mag dalk meer as een keer steek voordat hulle vlug. Die gevaar is wanneer jy deur 'n swerm bye of perdebye toegetakel word. Indien jy meer as 12 steekplekke opgedoen het mag die akkumulasie van gif in die liggaam daartoe lei dat die pasient 'n toksiese reaksie ontwikkel wat die persoon ernstig siek kan laat voel. Simptome is as volg:

    • Naarheid, vomering en diarree
    • Hoofpyn
    • Duisligheid
    • Floutes
    • 'n Gevoel van swakheid
    • Koors en
    • Stuiptrekkings

    Hierdie simptome sal na 'n paar dae weer verdwyn in volwassenes, maar wanneer kinders of ouer persone met asemhalings of hart probleme deur meer as een by of perdeby gesteek word moet mediese hulp by 'n hospitaal of dokter verkry word.

BEHANDELING

  1. Vir nie-ernstige gevalle waar anafalaktiese skok nie ontwikkel nie.

    • Verwyder onmiddelik die angel as dit 'n bysteek was aangesien die spiere om die gifsakkie wat agter gebly het onwillekeurig bly saamtrek om die orige gif in die sakkie ook in te spuit in die pasient. Gebruik iets soos die rugkant van 'n mes of die rand van 'n bankkaart om die angel uit te haal met 'n enkele veeslag. Jy kan natuurlik ook jou nael gebruik as die effens lank is.


      Figuur geleen by: http://bee-stings.net/remove_a_bee_stinger.htm

      NB !! Moet dus nie 'n klein tangetjies, “tweezers”, gebruik om die angel te verwyder nie aangesien jy dan die orige gif in die sakkie outomaties sal uitforseer uit die gifsakkie uit en in die pasient in.

    • Moet ook nie die steekplek vryf nie, al brand dit soos vuur en al voel dit jeukerig, dit vererger die verspreiding van die gif.
    • Verwyder enige juweliersware of iets wat styf pas voordat swelling begin intree.
    • Was die area om die bytplek skoon met water en seep.
    • Plaas 'n lap met koue water of ys daarin op die steekplek. Haal dit so elke tien minute af vir 'n paar minute om skade aan die vel self te voorkom. Dit koue sal vir die pyn en swelsel help.
    • Neem oor die toonbank pynstillers soos ibuprofen vir die pyn. Moet asseblief nie iets soos aspirien gee vir enige pasient onder die ouderdom van 18 jaar nie.
    • Vir die jeuk kan antihistamiene geneem word. Jy kan ook 'n mengsel van koeksoda en water op die wond sit vir die jeuk.
    • Die steekplek behoort na 2-5 dae gesond te wees. Hou die wond skoon gedurende hierdie tyd om infeksie te voorkom.
    • In geval van erge swelling sal die wond gesond wees na 2-5 dae maar die swelsel mag dalk eers na 5 tot 10 dae ten volle verdwyn het.
  • Vir ernstige gevalle waar anafalaktiese skok ontwikkel

    • Verwyder weereens onmiddelik die angel as dit 'n bysteek was aangesien die spiere om die gifsakkie wat agter gebly het onwillekeurig bly saamtrek om die orige gif in die sakkie ook in te spuit in die pasient. Gebruik iets soos die rugkant van 'n mes of die rand van 'n bankkaart om die angel uit te haal met 'n enkele veeslag. Jy kan natuurlik ook jou naal gebruik as die effens lank is.

      NB !! Moet dus nie 'n klein tangetjies, “tweezers”, gebruik om die angel te verwyder nie aangesien jy dan die orige gif in die sakkie outomaties sal uitforseer uit die gifsakkie uit en in die pasient in.

    • Spuit die pasient dadelik in met epinephrine. Indien jy weet die pasient het voorheen al anafalaktiese skok ontwikkel spuit die pasient onmiddelik in moet nie eers wag vir die simptome om te manifesteer nie. (NB! Lees die instruksies deeglik voordat jy die inspuiting toedien.)
    • Gee die epinephrine inspuiting in die buite spier van die bobeen. Maak seker jy spuit nie die epinephrine in die pasient se boudspier of direk in een van die are nie. Moet ook nie die epinephrine inspuit in 'n hand of voet nie aangesien dit weefsel skade tot gevolg kan hę.
    • Indien daar nie vinnige verligting van simptome by die pasient voorkom nie, mag dit nodig wees om 'n tweede inspuiting toe te dien. Vir 'n volwassene mag die tweede inspuiting tussen 10-20 minute na die eerste toegedien word. Vir kinders tussen 5 tot 30 minute.
    • Die pasient moet vir 24 uur na die laaste epinephrine inspuiting onder observasie bly om seker te maak simptome kom nie weer terug nie.
    • Indien die pasient ophou asemhaal , maak seker die pasient se lugweg is oop en begin dan kunsmatige asemhaling totdat die pasient weer self kan asemhaal of die pasient by 'n hospitaal op 'n asemhalings masjien geplaas kan word.
    • Kry die pasient so gou moontlik by 'n hospitaal selfs al lyk dit of die simptome besig is om op te klaar.

  • TEN SLOTTE

    Wees versigtig om nie onnodig bye te lok met oop blikkies gaskoeldrank wat rond staan nie. Baie kinders en ook volwassenes is al op die lip gesteek deur bye wat in koeldrank blikkies in vlieg agter die soet reuk van die koeldrank aan en dan vasgedruk word wanneer jy van die koeldrank drink.

    Bly ook liefs weg van byneste wat in die natuur teekom. 'n Swerm wilde bye sal gou hul habitat beskem as hul bedryg voel wat tot noodlottige gevolge kan lei. Net 'n ratel met sy baie dik vel en haredos sal dit waag.

    VERDERE VERWYSINGS

    Besoek gerus die volgende webwerwe indien u meer wil weet.

    http://www.webmd.com/first-aid/allergy-insect-sting-treatment

    http://www.mieliestronk.com/heuningbye.html

    http://www.landcareresearch.co.nz/science/plants-animals-fungi/animals/invertebrates/invasive-invertebrates/wasps/first-aid

    http://firstaid.about.com/od/heatcoldexposure/ht/07_bee_sting.htm

    http://bee-stings.net/index.htm

    http://www.thehoneygatherers.com/html/photolibrary1.html

    http://en.wikipedia.org/wiki/Bee

    http://en.wikipedia.org/wiki/Honey_bee

    http://en.wikipedia.org/wiki/African_bee

    http://en.wikipedia.org/wiki/Africanized_bee

    http://en.wikipedia.org/wiki/Western_honey_bee

    Laaste Bywerking: 2015/03/04

    Flag Counter