DIE BEDRADING VAN JOU SLEEPWA SE ELEKTRIESE KOPPELSTUK

Daar is niks so verstreerends as jy die oggend haastig is om te vertrek na jou volgende bestemming en jy dan per ongeluk jou 4x4 sleepwa se koppelstuk se draad af ruk en jy dan geduldig weer die drade op die koppelstuk moet koppe nie. As jy nie 'n diagram voor in jou motor of 4x4 se paneelkassie het nie of 'n kontinuiteits liggie byderhand het nie, kan dit 'n lang oggend word voordat jy en jou vriende verder kan ry. Maak dus 'n afskrif van die diagram hier onder en plaas 'n kopie in al jou voertuie se paneelkassies self die sonder sleepstange want dit mag dalk jou reisgenoot met sy voertuig wees wat dit oorkom en dan kan jy ook eers ry wanneer hy weer gereed is.

SABS 1327-1981 is 'n Suid Afrikaanse Buro van Standaarde standaard wat spesifiseer hoe sleepwaens in Suid-Afrika bedraad moet word om te verseker dat enige sleepwa op enige voertuig sal pas sonder die gevaar van 'n kort sluitings of geblaasde sekerings (“fuses”) en met al die ligte outomaties korrek gekoppel.




Vir 'n PDF kopie van bostaande diagram in Afrikaans kliek hier  

Vir 'n PDF kopie van bostaande diagram in Engels kliek hier  


(Verwysing :
http://www.offroaders.com/tech/trailer_wiring-diagram.htm)

Maak 'n kopie van die volgende drie figure en bęre dit in jou voertuig se paneelkassie. Ek het myne sommer met plastiek laat oortrek om dit langer te laat hou en teen vuil olierige hande te beskerm.






Vir 'n PDF kopie van bostaande diagram in Engels kliek hier  

Dit is belangrik om te onthou dat die wit draad wat op Terminaal 3 gekoppel word, se ander end op die voertuig se onderstel of op die sleephak se basisplaat bevestig moet word om sodoende die voertuig en die sleepwa saam te kan aard. Aan die sleepwa se kant is dit weereens belangrik om die wit draad (Terminaal 3) op die sleepwa se onderstel vas te maak om sodoende te verseker dat die sleepwa en die sleepvoertuig via die koppelstuk saam grond is.

Indien jy die blou draad op Terminaal 2 vir 'n yskas of iets dergeliks gebruik plaas 'n 15 Ampere sekering (“fuse”) vir veiligheid in die lyn aan die sleepwa se kant om te verseker dat stroom wat getrek word nie die 16 Ampere perk van die kabel sal oorskry nie indien 'n kort sluiting so voorkom.

Die volgende uittreksel uit die pad ordinansie bevestig dat slegs SABS 1327 – 1981 koppelstukke saam met die korrekte 7 draad kabel op 'n voertuig met 'n 12V of 24V elektriese stelsel gebruik mag word om 'n sleepvoertuig en 'n sleepwa of woonwa te koppel. (Ongelukkig is die uittreksel in Engels.)


Laaste Bywerking: 2015/03/09

Flag Counter