GEELKOORS ("YELLOW FEVER")


Foto van die muskiet Aedes aegypti
Foto: Wikipedia.org




WAT IS GEELKOORS?

Geelkoors is 'n virus infeksie wat oorgedra word deur 'n byt van 'n geinfekteerde wyfie muskiet wat meer algemeen in sekere dele van tropiese en subtropiese Afrika en Suid Amerika voorkom. (Kliek HIER vir die lys van lande waar geelkoors mag voorkom.)

Geelkoors in mense kan lei tot skade aan die lewer en ander organe en is potensioneel dodelik. Daar is geen geneesmiddels vir geelkoors nie en daarom word alle besoekers aan geelkoors gebiede versoek om hulself te laat inent teen die siekte voordat hul die gebied besoek.

Daar word ongeveer 200000 gevalle per jaar wêreld wyd aangemeld waarvan 30000 gevalle noodlottig is en 90% daarvan kom in Afrika voor. Geelkoors syfers is aan die toeneem vanweë 'n afname in die immuniteit van die plaaslike bevolking, ontbossing, klimaatsverandering en hoë digdheids verstedeliking.


HOE DOEN JY GEELKOORS OP?

Daar is drie tipe muskiete waarvan 'n geinfekteerde wyfie se byt tot geelkoors kan lei.

Die eerste kom in tropiese reënwoude voor waar hul die siekte tussen geinfekteerde ape oordra. Dieselfde muskiete (Aedes africanus) dra dan ook per geleentheid die siekte aan mense wat in die woude vertoef of werk oor. (Hierdie muskiete is veral van sononder tot sonsopkoms aktief.)

Die tweede tipe kom in die platteland of minder ontwikkelde gebiede voor waar die wyfie muskiete beide ape en mense besmet. (Hierdie muskiete is veral van sononder tot sonsopkoms aktief.)

'n Derde tipe muskiet (Aedes aegypti) wat veral in die stede of dig bewoonde areas voorkom dra die siekte van mens tot mens oor. Vanweë die groot aantal mense teenwoordig kan infestering maklik in 'n epidemie ontaard. ('n Verdere probleem is dat hierdie muskiete in die dag aktief is.)

Oordrag van geelkoors direk tussen mense is nie moontlik nie behalwe deur spuitnaalde wat besmette bloed bevat.

WAT IS DIE SIMPTOME VAN GEELKOORS?

Die grootste deel van persone wat met die geelkoors virus besmet raak, toon geen teken van siekte nie of slegs geringe tekens van koors en hoofpyn.

In persone wat wel simptome ontwikkel is die inkubasie tydperk tipies 3-6 dae.

Die aanvanklike simptome is vinnig ontwikkelende koors, kouekoors, erge hoofpyn, rugpyn, algemene lyfseer,verlies aan eetlus, naarheid, vomering, moegheid en gevoel van papgeid. Die meeste mense se toestand verbeter vinnig na die voorkoms van bogenoemde simptome. Herstel vind binne 3-4 dae plaas.

Die probleem ontstaan wanneer jy begin beter voel en dan 12 -24 uur later skielik weer begin sleg voel. Dit beteken dat die siekte oor gegaan het in 'n tweede of toksiese fase, wat ernstige gevaar vir die persoon se gesondheid inhou. Dit gebeur in ongeveer 15% van gevalle. Hierdie erge vorm van die siekte word gekenmerk deur baie hoë koors, geelsig (vandaar die naam geelkoors) wanneer die lewer aangetas word, buikpyn, bloeding (mond, neus, oë of maag), vomering wat soms bloed bevat. Die pasient gaan uiteindelik in 'n toestand van skok in waartydens een of meer van sy organe soos die lewer en niere faal. Wanneer laasgenoemde gebeur kan hierdie siekte vir 50% van die pasiente binne 10-14 dae tot die dood lei.

Die beste manier om vas te stel of jy geelkoors onder lede het is 'n bloedtoets aangesien die simptome maklik met erge malaria, denguekoors, vinnig ontwikkelende vorme van hepatitis B en D of ander vorme van vergiftiging verwar kan word.


HOE WORD GEELKOORS BEHANDEL?

Aangesien daar geen middel teen die geelkoors virus infeksie as sulks is nie, fokus mediesie behandeling dus op die verligting van simptome soos koors, spierpyn en ontwatering. Om die risiko van interne bloeding te voorkom moet pasiente glad nie met enige aspirine of enige ander nie- steriodale anti inflammatoriese medikasie (“nonsteroidal anti-inflammatory drugs” or NSAIDs) soos ibuprofen en naproxen behandel word as daar enigsins vermoed word dat die pasient dalk geelkoors onderlede het nie. Hospitalisasie vir ernstige gevalle is noodsaaklik.

HOE KAN DIE OPDOEN VAN GEELKOORS VOORKOM WORD?

Deur inenting teen die siekte. Die entstof bied immuniteit van 95% na 10 dae en 99% na 30 dae. Een enkele inenting bied beskerming vir solank as 10 jaar. Dit is dus krities belangrik dat alle persone ouer as 9 maande ingeent word voordat hulle 'n geelkoors risiko gebied besoek.

Verder deur die aanwending van insekwerende middels vir muskiete op alle onbeskermde dele van die liggaam. Volg aanwending instruksies op die pakkie aangebring. Koop middels met DEET, picaridin, suurlemoen eucalyptus olie, of een met 'n bestandeel genaamd IR3535 daarin.

Bedek jou arms, hande, bene, voete en kop teen muskiet byte.

Gebruik 'n muskiet weerder wat die bestandeel permethrin bevat op die buitekant van jou klere, muskiet nette en tente.

Gebruik muskiet skerms voor vensters en deur, en muskiet nette oor beddens om sodoende die muskiete weg te hou.

Voorkom om buite kant rond te beweeg tydens piek muskiet tye, dit wil sê tussen sononder en sonsopkoms.

VERDERE VERWYSINGS

Besoek gerus die volgende webwerwe indien u meer oor hierdie siekte wil weet.

http://www.cdc.gov/yellowfever/

http://wwwnc.cdc.gov/travel/yellowbook/2014/chapter-3-infectious-diseases-related-to-travel/yellow-fever

http://www.cdc.gov/yellowfever/qa/index.html

http://en.wikipedia.org/wiki/Yellow_fever

http://www.who.int/csr/disease/yellowfev/en/

http://www.who.int/mediacentre/factsheets/fs100/en/

http://www.santhnet.co.za/index.php/travel-health-advice-2/2014-11-15-14-12-35/yellow-fever-vaccines/item/323-yellow-fever-factsheet.html

http://www.santhnet.co.za/index.php/travel-health-advice-2/2014-11-15-14-12-35/yellow-fever-vaccines/item/287-yellow-fever-risk-areas.html

Laaste Bywerking: 2015/01/21

Flag Counter