JOU BLOEDGROEP
1. INLEIDING
Die rede waarom ek hierdie artikel ingesluit het, is omdat die meeste van ons nie werklik weet wat ons bloedgroep is nie. Gereelde bloedskenkers sal wel weet maar die meeste van ons dink nie eens twee keer daaraan nie.
Dit is werklik baie belangrik vir 4x4 reisigers wat in afgeleë dele van Afrika reis, om te weet wat jou eie bloedgroep is, en so ook die bloedgroep van elke lid van jou gesin. Vra jou huisdokter om jou hiermee te help of nog beter gaan skenk bloed as jy tussen 16-65 jaar oud is. Skryf hierdie inligting neer (want jy gaan dit vergeet !) en bewaar op 'n veilige plek. Plaas ook 'n kopie daarvan in jou 4x4 se noodhulptas in 'n deursigtige plastiese “ziplock” sakkie.
Hierdie inligting kan dalk 'n lewe red indien jy of een van jou familie lede in 'n noodsituasie beland soos 'n motorongeluk , of dalk 'n dringende nood operasie moet ondergaan om sodoende jou of jou familielid se lewe te kan red. Veral as daar 'n bloedoortapping in die proses benodig sou word iewers in 'n vêr afgeleë hospitaal of kliniek. Dit sal ook help om te weet wie kan vir wie in die gesin help met bloed as dit nodig sou wees. Dit is ook baie belangrik om te weet of enige van jou gesin minder as 'n jaar gelede geelsig of die afgelope drie jaar dalk malaria onderlede gehad het en of een van die lede nie dalk hepatitis B of C vantevore onderlede gehad het nie of dalk self HIV+ is nie.
2. AGTERGROND INFORMASIE
2.1 DIE SAMESTELLING VAN BLOED.
Bloed bestaan uit rooibloedselle, witbloedselle, plaatjies en plasma. Die rooibloedselle
bevat hemoglobien (dit gee die rooi kleur aan bloed) wat die suurstof van die longe na die
res van die liggaam vervoer en dan ook die kooldioksied weer terug na die longe om uitgeasem
te word. Die rooibloedselle word deur jou beenmurg vervaardig. Om die hemoglobien in
rooibloedselle te vervaardig het die liggaam yster nodig. Wanneer die ystervlakke in die
liggaam dus te laag daal, tree bloed armoede in en die bloed verloor van sy vermoë om suurstof te
vervoer. (Maar dus verseker jy kry genoeg yster in deur die regte diet,
gaan na http://www.sanbs.org.za/PDFDocuments/donors/Iron_Rich_Foods.pdf
vir meer inligting of laai 'n PDF kopie hier af
Die witbloedselle beskerm die liggaam teen siektes deur teenliggaampies te vervaardig wat
infeksie beveg. Die plaatjies in die bloed help om bloeding te beheer deur vas te sit aan die beseerde
oppervlaktes van bloedvate en sodoende sorg dat bloedstollings faktore versamel by die plek
waar die besering geleë is. Die plasma is die liggeel vloeistof wat die rooibloedselle, die witbloedselle, die plaatjies
en ook bestandele soos protiene, die bloedstollings faktore en ander chemikalië wat die liggaam
nodig het deur die liggaam vervoer. Alhoewel alle mense se bloed dieselfde samestelling het, verskil mense se bloed daarin
dat sommige mense sekere antigene in die wande van hul rooibloedselle asook sekere
teenliggame wat in die bloedplasma voorkom het of nie het nie. Reeds in 1901 is daar
deur Karl Landsteiner begin om bloed te klassifiseer in vier groepe nadat gevind is
dat sekere pasiente goed herstel na 'n bloed oortapping en ander se gesondheid
daarna vinnig verder agteruit gaan. Die sogenaamde ABO-Groepering stelsel is ingestel
waarvolgens mens se bloed in een van vier groepe, naamlik A, B, O of AB geklasifiseer
kon word. Daar is vier bloedgroepe wat uitgeken word deur die teenwoordigheid of afwesigheid van
een of twee van die antigene A of B wat op die oppervlak van rooibloedselle voorkom. Alhoewel daar vier bloedgroepe is daar agt tipes bloed. 'n Tweede stelsel is in 1940 bygevoeg om
ons bloed tipes volledig te bepaal en te omskryf. Die Rhesus bloedgroepstelsel word gebruik om vas
te stel of daar ook Rh-antigene op die rooibloedselle voorkom. Indien daar wel Rh-antigene op die
rooibloedselle voorkom is die person dan Rh-positief maar indien dit nie op die persoon se
rooibloedselle voorkom nie, is hy Rh-negatief. Dit laat ons dus met die bloedgroepe of
tipes soos ons dit ken as A+ , A- , B+ , B- , AB+ , AB- , O+ en O-. Jou bloedgroep is sterk oorerflik en jou ouers se gene bepaal dus jou bloedgroep. BAIE BELANGRIK: Bloed van die bloedgroep O- (O negatief) kan in 'n nood situasies aan
enige pasient toegedien word ongeag wat sy bloedgroep is, omdat die
rooibloedselle van hierdie bloedgroep geen antigene bevat wat bloedstolling
en dus bloedklonte in die bloed kan veroorsaak nie. Persone van die bloedgroep AB+ (AB positief) kan weer bloed van enige van die
agt bloed tipes ontvang sonder enige newe effekte. Mense met 'n gesonde lewenstyl word veral aangemoedig om gereeld bloed te
skenk aangesien jy sodoende 'n daadwerklike bydrae kan maak om ander mense se
lewens te help red. Daar word slegs 480 ml bloed op 'n slag getrek terwyl jy
rustig ontspan. Bloed uit die Suid Afrikaanse Nasionale Bloedbank word hoofsaaklik aangewend vir: Jy mag elke 56 dae bloed skenk as jy gesond voel. Dokter in die Huis, deur Dr Jan van Elfen & Dr Don duToit, 'n eBook, Uitgewers:
NB Uitgewers, ISBN No. : 9780624053163
http://af.wikipedia.org/wiki/Suid-Afrikaanse_Nasionale_Bloeddiens
http://www.wpblood.org.za/?q=page/faq
GROEP B – Het weer slegs die B antigene op die rooibloedselle met die A antigene is in die bloedplasma.
GROEP AB – Het beide A en B antigene op die rooibloedselle maar geen antigene in die bloedplasma nie.
GROEP O – Het glad nie A of B antigene op die rooibloedselle nie. Beide die A en B antigene kom in die bloedplasma voor.
2.3 WIE KAN VIR WIE MET BLOED HELP?
3. BLOEDSKENKING
3.1 Waarom bloed skenk ?
3.2 Wie mag bloed skenk ?
3.3 Wie mag nie bloed skenk nie ?
Lae yster vlakke (Wag periode: 3-12 maande, afhanklik van yster vlakke)
Malaria (Wag periode : 3 jaar na voltooiing van behandeling)
Hepatitis A “geelsig” (Wag periode : 12 maande met 'n doktersbrief om dit te bevestig.
Die enigste uitsondering is persone wat geelsig gehad het voor hul 13 jaar oud was.)
Hepatitis B & C (Mag glad nie bloedskenk nie.)
HIV + / VIGS (Mag glad nie bloed skenk nie.)
3.4 Hoe gereeld mag jy skenk ?
4. VERWYSINGS EN VERDERE LEESSTOF