HOE BESLUIT JY WATTER KAMERA TOERUSTING OM TE KOOP
Ek sou begin deur eers myself die volgende vrae af te vra, my antwoord op 'n stukkie papier te skryf en dan hierdie inligting te gebruik om my besluit te maak :
- WAAROM WIL JY BY FOTOGRAFIE BETROKKE RAAK?
- Vir 'n stokperdjie.
- Wil graag 'n professionele fotograaf word (troues, sport , nuus, reis, advertensiewese).
- Ek wil graag my reis en ander wedervaringe met ander deel.
- Wil graag aan foto kompetisies deel neem.
- Sien dit as 'n persoonlike uitdaging (nuwe tegnologie en kundigheid).
- Slegs vir rekord houdings doeleindes (navorsing, verwysings, ens.).
- Sal graag meer tyd in die natuur wil spandeer.
- Net vir ontspanning.
- WAT WIL JY GRAAG AFNEEM?
- Mense (portretstudies, troues).
- Argitektuur.
- Landskappe.
- Die natuur (diere, voëls, reptiele en plantelewe).
- Voëls in vlug.
- Makrofotografie (insekte).
- Aksie (sport).
- Onderwater lewe.
- HOE BEWEEGLIK MOET DIE TOERUSTING WEES?
- Is gewig 'n probleem?
- Is ruimte 'n beperking?
- Gaan jy meeste van die tyd in 'n ateljee werk?
- Of moet jy maklik kan rond beweeg soos by 'n troue?
- Gaan jy gereeld reis (vlieg) met jou toerusting?
- Gaan jy gereeld lang afstande stap of berg klim met jou toerusting?
- WATTER ANDER FAKTORE SPEEL 'N ROL?
- Toerusting moet stof bestand wees.
- Waterdig wees.
- Reën bestand wees.
- Lae of hoë temperature kan hanteer.
- Skokbestand wees, ensovoorts.
- Moet vinnig kan fokus.
- Moet vinnig bewegende voorwerpe kan volg .
- Meeste foto's sal geneem word met kamera in die hand.
- Wil graag groot vergroting kan maak van foto's.
- WAT WIL EK GRAAG MET DIE foto's DOEN WAT EK GENEEM HET?
- Druk en 'n album bêre (vir persoonlike gebruik).
- In 'n album saamstel vir kliënte (troufoto's, ens.).
- Gedrukte foto's verkoop aan kliënte (skool foto's, ens.)
- Groot afdrukke laat maak vir posters.
- Die foto's verkoop op die internet of aan advertensie agentskappe in elektroniese formaat.
- Publiseer in tydskrifte.
- Deel met vriende op sosiale media.
- In skryf vir kompetisies.
- HOE LYK JOU BEGROTING? HOEVEEL IS JY BEREID OM TE SPANDEER OP?
- Aanvanklike inset koste (Kameraromp en eerste lens).
- Toekomstige beleggings (Begroting vir addisionele lense).
- Koste van ander toebehore wat jy nou mag benodig (geheue kaarte, 'n tweede battery, 'n driepoot met kop, afstandbeheer, flits, 'n sak vir jou kamera toerusting, ens.)
- Sal jou fotografie vir jou toekomstige opgraderings kan betaal.
- Is daar ander bronne van inkomste.
Jou antwoorde op bogenoemde vra sal bepaal watter tipe kamera of kameraromp (brugkamera, APS-C of volraam SLR) jy sal koop asook watter tipe lense ('n vinnige lae f-stop lens vir swak lig omstandighede, kort of lang fokuslengte lens, ligte of swaar toerusting met 'n groot of klein begroting.)
Laaste Bywerking: 2013/11/30